Die plaas Bel­mont in die Bed­ford­dis­trik is se­dert 1974 in die Mool­man-fa­mi­lie.

Tuis - - LESERTUIN -

Dis hier waar Ria Mool­man dees­dae tuin­maak. Waar haar skoon­ma, An­ne­tjie Mool­man, op­ge­hou het, het Ria net aan­ge­gaan.

An­ne­tjie het die tuin ge­ves­tig en vir 36 jaar daar­na om­ge­sien voor sy in 2009 dorp toe ge­trek het. Hen­ry en Ria het toe Bel­mont toe ge­trek en se­dert­dien is die tuin Ria se ver­ant­woor­de­lik­heid.

“Ek is baie lief vir my skoon­ma. Sy het my ge­leer hoe ’n mens hier, ver van al­les af en am­per in die mid­del van nê­rens, bly. Haar raad was: Kry iets waar­mee jy jou goed kan be­sig hou – en dit is pre­sies wat my tuin doen!” ge­sels Ria.

Hoe­wel die tuin ge­ves­tig was toe sy dit oor­ge­neem het, het Ria haar eie stem­pel daar­op af­ge­druk. Sy het die be­staan­de uit­leg so ver moont­lik be­hou, maar die voor­aan­sig van die huis en de­le van die tuin was toe­ge­groei. Dit het Ria oop­ge­sny om meer lig in die huis en tuin te kry, want sy wou van haar voor­stoep af die tuin en die prag­ti­ge uit­sig op die ber­ge en kran­se daar­ag­ter sien.

Ria het ook die gras­perk ver­groot, ek­stra paad­jies van rivierklippe ge­maak en met ver­loop van tyd ge­leer wat­ter plan­te werk die bes­te in hul kli­maat. Dees­dae kweek sy baie van haar strui­ke van steg­gies en ver­koop plant­jies vir sak­geld.

“My tuin be­te­ken vir my ont­set­tend baie. Die lek­ker­ste daar­van is wan­neer jy ’n pro­jek aan­pak en dit vol­gens plan ver­loop – dan kan jy te­rug­staan en jou han­de­werk be­skou. En dan weet jy jou ar­beid was die moei­te werd. El­ke jaar is die Bed­ford-tuin­fees vir my ’n hoog­te­punt. Dis een groot vreug­de en die he­le ge­meen­skap vind baat daar­by. Men­se van hein­de en ver kom be­soek ons tui­ne en waar­deer dit saam met ons. Dis heer­lik om jou har­de werk met be­soe­kers te deel en dit mo­ti­veer my om met pas­sie daar­mee vol te hou!” >>

Hang­mand­jies met pe­tu­ni­as, bed­ding­be­go­ni­as en baard­an­ge­lie­re hang teen die sink­muur van die ron­da­wel se “bos­kom­buis” waar gas­te in die jag­sei­soen tuis­gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.