wa­ter­wys plan­te

Tuis - - TUINDAGBOEK -

Ons wys van nou af ook el­ke maand ’n plant wat met min wa­ter kan klaar­kom. Die s­pek­boom (Por­tu­la­ca­ria af­ra) is ’n ge­har­de, im­mer­groen struik met vet­plant­ag­ti­ge bla­re en mooi rooi ste­le. Daar is laag groei­en­de en reg­op va­ri­ë­tei­te. Die vlees­ag­ti­ge bla­re be­hou wa­ter, wat die plant droog­te- en brand­be­stand maak. As die pienk blom­me ver­skyn, lok dit in­sek­te, wat op hul beurt in­sek­vre­ten­de vo­ëls lok. Dis nut­tig in droë tui­ne as ’n skerm of hei­ning en kan as ’n bon­sai ge­kweek word. In on­lang­se stu­dies is daar ook be­vind dat dit groot hoe­veel­he­de kool­stof kan berg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.