Lud­wig se roos­hoe­kie

Lud­wig Tas­ch­ner stel ro­se voor wat met min­der wa­ter kan klaar­kom en sê hoe jy sny­ro­se ten bes­te in jou huis kan be­nut.

Tuis - - TUINDAGBOEK -

V: Ek is be­sig om my tuin aan te pas met plan­te wat min­der wa­ter vra, maar ek is dol oor ro­se. Is daar e­ni­ge wa­ter­wys ro­se wat jy kan voor­stel?

Ons het oor die af­ge­lo­pe paar jaar ro­se be­gin i­den­ti­fi­seer wat min­der of on­ge­reel­de be­nat­ting kan han­teer. Dié ro­se het ’n sprei­den­de groei­wy­se en baie bla­re (tot 1 m wyd), wat die wor­tels koel hou en aan­moe­dig om diep en wyd te ver­sprei. Hul­le vorm prag­ti­ge sny­blom­me, maar op veel kor­ter ste­le as tra­di­si­o­ne­le hi­bried­teero­se. Voor­beel­de is ‘Re­mem­ber Me’, ‘Brot­hers G­rimm’, ‘Clo­co­lan’, ‘Mus­he Kirsh’, ‘M­cHar­dy’, ‘Ad­do He­ri­ta­ge’, ‘Sun­ny Ayo­ba’ en ‘Knys­na’. V: Die bla­re op my ‘Ing­rid Berg­man’-ro­se het kol­le wat soos brand­plek­ke lyk. Ek het on­langs met Ro­se Ca­re ge­spuit; was die meng­sel dalk te sterk?

Ja, as dit te sterk was, is daar ’n kans dat e­ni­ge drup­pels wat op die bla­re ag­ter­ge­bly het, daar­in op­ge­neem is en die bla­re ge­skroei het. Dis be­lang­rik dat jy die aan­wy­sings nou­keu­rig volg. Die­self­de geld vir be­mes­ting.

‘Mus­he Kirsh’ ‘Re­mem­ber Me’

‘Ing­rid Berg­man’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.