Gem­mer­koe­kies met suur­le­moen­skil

Tuis - - HOOFKOS -

Jy kan my in ’n wip vang met ’n lek­ker koe­kie saam met my kof­fie. Dié ou­tjies is on­be­skaamd de­ka­dent. Maak so­wat 12 groot blom­vorms Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te, plus 1 uur rus­tyd Bak­tyd: so­wat 10 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C • 60g bot­ter, ge­smelt • 180ml gou­e­stroop • 200g (360ml) meel, ge­sif (plus ’n bie­tjie ek­stra) • 5ml koek­so­da • 5ml fyn gem­mer • 5ml ge­meng­de spe­se­rye • 15ml melk • 45ml ver­glans­de si­trus­skil, baie fyn ge­kap • 15ml ap­pel­koos­kon­fyt • so­wat 100g wit­sjo­ko­la­de, ge­smelt

1 Meng die bot­ter en stroop in ’n klein ka­strol en bring tot kook­punt. Ver­wy­der van die hit­te en laat vir 10 mi­nu­te af­koel. Dit is baie be­lang­rik om nie die vuur­warm stroop da­de­lik by die meel te roer nie, want dit sal die meel “kook” en die teks­tuur van die deeg be­derf.

2 Sif die droë be­stand­de­le saam en roer die stroop­meng­sel, melk en si­trus­skil daar­by met ’n hout­le­pel tot glad. Knie die sag­te deeg ef­fens op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak tot ’n sag­te, han­teer­ba­re deeg; be­dek met kleef­plas­tiek en laat by ka­mer­tem­pe­ra­tuur rus vir so­wat 1 uur.

3 Voor­ver­hit die oond. Rol die deeg nou met ’n bie­tjie ek­stra meel uit tot so 5 mm dik en sny vorm­pies uit met ’n koe­kie­druk­ker. Pak die koe­kies op ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier uit­ge­voer is. Ge­bruik die punt van ’n hout­le­pel se steel en maak ’n hol­te­tjie in die mid­del van el­ke koe­kie son­der om heel­te­mal deur die deeg te druk; vul met kon­fyt. Bak vir so­wat 10 mi­nu­te of tot goud­bruin en bros. Laat heel­te­mal af­koel en doop hier en daar in sjo­ko­la­de vir ’n stout ek­stra. Laat die koe­kies in die ys­kas hard word en bê­re in ’n lug­dig­te hou­er. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.