Sar­dien­tjies met vin­kel en pa­tat

Tuis - - HOOFKOS -

Kyk uit vir vars sar­dy­ne by jou vis­ver­ko­per of koop dit be­vro­re by jou de­li. Die klein sil­wer vis­sies se gaar­maak­tyd hang af van hul grootte en hul­le maak ’n baie lek­ker voor­ge­reg.

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

• 2 knof­fel­hui­sies • 1 rooi brand­ris­sie • 60ml plat­blaar­pie­ter­sie­lie • 3 spriet­uie • so­wat 120ml bot­ter, sag • 1 groot vin­kel­bol • 1kg klein sar­diens, ge­vlek • vars suur­le­moen­sap • so­wat 125ml ge­roos­ter­de brood­krum­mels • 60ml den­ne­pit­te, ge­roos­ter

1 Kap die knof­fel, ris­sie, kruie en spriet­uie baie fyn en meng met die bot­ter. Sny die vin­kel met ’n baie skerp mes of man­do­lien in pa­pier­dun sky­fies.

2 S­melt die helf­te van die ge­geur­de bot­ter in ’n pan en braai die sar­dien­tjies in sar­sies daar­in tot deur­gaar. Dit neem min­der as ’n mi­nuut as die vis­sies klein is. Skep uit op ’n mooi dien­bord en braai nou die vin­kel in die res van die bot­ter tot dit be­gin sag word (so­wat 5 mi­nu­te). Skep by die vis­sies. Strooi sout en pe­per oor en geur goed met vars suur­le­moen­sap, ’n paar vin­kel­blaar­tjies, die brood­krum­mels en die ge­roos­ter­de den­ne­pit­te. Sit da­de­lik voor met pa­tat­sky­fies of spag­het­ti. Pa­tat, ge­bad in suur­le­moen­sap, heu­ning en bot­ter, is be­son­der lek­ker. Ons het 700g klein pa­tats ge­skrop en deur­ge­sny. Hier­by is ’n klont bot­ter en ’n skeut o­lyf­o­lie, so­wat 30 ml heu­ning, sout en pe­per en ’n groot op­ge­sny­de suur­le­moen ge­rang­skik. Bak die lot­jie in ’n warm oond teen 200°C tot die pa­tat goud­bruin en sag is, met ’n stro­pe­ri­ge suur sou­sie o­ral­oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.