Tuis

Vars idees vir tafeldekor

Skep jou eie blomfantas­ie en beïndruk jou gaste met dié pragtige tafeldek-idees.

- Deur Kim Arendse en Shelly Bergh • Foto’s Henk Hattingh Stilering Shelly Bergh • Assistent Jomeri Mouton

1 Begin by jou tafeldoek

Gebruik ’n stuk gewone lap (kaasdoek of katoen werk goed) van die regte grootte, rekkies en pienk lapkleurse­l (ons het Lady Dye in die kleur Baby Pink gebruik). Knyp eerstens stukke lap sowat 30 cm uit mekaar vas sodat jy ’n rekkie om elke “bondel” kan sit. Maak gerus die bondels nader aan mekaar; die ruimte tussenin hoef nie perfek gemeet te wees nie. Jy kan ook meer rekkies om party bondels vasmaak (na die bopunt toe) vir meer detail in die patroon. Meng die kleursel volgens die aanwysings op die verpakking en laat lê jou lap vir 45 minute tot ’n uur daarin. Haal al die rekkies af, spoel tot die water helder is en laat die lap droog word. Los die doek gekreukel vir ’n meer informele gevoel. Bykomstigh­ede van Check My China; vetplantko­lwyntjies deur Tihmily Cakes

2 Kyk op!

Hang blomme bo jou tafel – dis nou een manier om jou tafeldekor tot nuwe hoogtes te voer! Gebruik tou of kabelstrop­pe om ’n rangskikki­ng aan ’n kandelaber of hangligamp vas te maak, en stal soortgelyk­e blomme in bekers of vase op die tafel uit om die hangende rangskikki­ng te komplement­eer.

3 Laat jou liggie skyn

Vir ’n oulike kers in ’n teekoppie, smelt gewone wit kerse (sowat twee per koppie, afhangend van hoe groot jou kerse is en hoeveel koppies jy het) in ’n pot op die stoof. Haal die pitte versigtig uit, knip dit in die regte lengte en maak ’n gewiggie aan een punt vas (’n waster werk goed). Draai die ander punt van die pit om ’n sosatiesto­kkie en laat hang dit dwars oor die koppie met die gewig in die middel. Giet dan die warm was in die koppie en laat dit afkoel. Knip die bopunt van die pit af sodra die was gestol het.

4 Bak jou blomme

Hou jy van krismisros­e? En van koek? Kombineer die twee en sit dié indrukwekk­ende bederfies voor. Maak drie lotte versiersel in skakerings van dieselfde kleur. Skep dit in ’n spuitsak met ’n redelik oop sterpunt en versier drie koeke met blommetjie­s soos krismisros­e. Koeke van Tessa’s Bakery

5 Prentjiemo­oi!

Dié koekies is amper te mooi om te eet! Maar moenie skrik nie – jy kan self sulke kuns skep, al is jy geen Picasso nie. Bedek eenvoudig koekies met harde versiersel (’n mengsel van geklitste eierwit en versiersui­ker), wag tot dit hard is en teken dan ’n patroon of vryhandske­ts van jou keuse met ’n loodvrye potlood daarop. Gebruik koskleurse­l en ’n klein kunstenaar­skwas om jou prentjie in te kleur; doop die kwas af en toe in helder, deursigtig­e alkohol. (Jy kan ook water gebruik, maar alkohol help dat die kleursel minder vloei.) Koekies van The Red Kitchen

KONTAKTE & VERSKAFFER­S Abode 072 261 3540, abode.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Check my China 083 270 6006 Floral Design by Jomeri Mouton facebook.com/jmflorals Tessa’s Bakery 021 551 6107, tessasbake­ry.co.za The Red Kitchen 082 293 3092, facebook.com/intheredki­tchen Tihmily Cakes 076 509 8523, tihmilycak­es.co.za

 ??  ?? Geel draad-lampskerms van Abode; wit draad-lampskerm van Builders; blommerang­skikkings deur Floral Design by Jomeri Mouton
Geel draad-lampskerms van Abode; wit draad-lampskerm van Builders; blommerang­skikkings deur Floral Design by Jomeri Mouton
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa