V&A

met Tam­my en A­lis­tair

Tuis - - Opknap -

Jul­le was te­vre­de met jul bou­er en ar­gi­tek. Wat­ter raad het jul­le vir op­knap­pers wan­neer dit kom by diens­ver­skaf­fers kies?

Ons het be­gin met aan­be­ve­lings van vrien­de; dis ’n goeie plan, want jy kan na die be­trok­ke diens­ver­skaf­fer of kon­trak­teur se han­de­werk gaan kyk. Dis be­lang­rik dat jy jou in­stink ver­trou. Ons het ’n paar bou­ers ont­moet, maar daar was iets wat ons da­de­lik van som­mi­ge van hul­le af­ge­sit het; jy sal da­de­lik weet wan­neer jy en jou bou­er op die­self­de golf­leng­te is. Ons het die ar­gi­tek deur ons bou­er ont­moet.

E­ni­ge an­der raad vir op­knap­pers?

Ver­wag om min­stens 50% meer as jou be­plan­de be­gro­ting te span­deer; jy kan jou maar reg­maak vir on­ver­wag­te pro­ble­me en on­be­plan­de uit­ga­wes.

By wat­ter de­kor­win­kels koop jul­le graag?

Ons bring ure by Block & C­hi­sel deur. Ons snuf­fel ook graag u­nie­ke stuk­ke by twee­de­hands win­kels uit; twee van ons guns­te­lin­gi­tems kom van an­tiek­win­kels–die kris­tal kan­de­la­ber van Mahlah’s An­ti que sin G­rey­mont en die ma­gen­ta dien­ta­fel in die eet­ka­mer van Re­de­co­ra­te in Park­hurst.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.