Tuis

Wat jy nodig het

-

Gebruik jou winkelhaak om seker te maak dat die pote nie wyer uitstaan as die blad nie.

INKOPIELYS

• 18 mm-laaghout, gesaag in: twee stukke van 800 x 600 mm (groot tafelblad) twee stukke van 475 x 350 mm (klein tafelblad) • twee stukke karton in bogenoemde groottes • 44 x 44 mm- geskaafde dennehout, gesaag in:

drie stukke van 390 mm, albei ente teen ’n 7°-hoek gesaag (groot tafelpote) • 35 mm-gordynstok, gesaag in:

drie stukke van 330 mm, albei ente teen ’n 7°-hoek gesaag (klein tafelpote) •een pakkie 6 mm x 50 mm-spaanderbo­rd skroewe •een pakkie 6 mm x 40 mm-spaanderbo­rd skroewe •een pakkie 8 mm x 30 mm-spaanderbo­rd skroewe

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt • figuursaag • potlood • winkelhaak • houtlym • houtvuller • 80-grint-skuurpapie­r • verf of vernis (opsioneel) • kwas

1 Maak twee eiervormig­e patrone van dieselfde vorm vir die blaaie – een groot en een klein – uit karton (teken dit sommer vryhand) en trek dit met ’n potlood af op die laaghout. Saag nou twee blaaie van elke patroon al langs die potloodlyn uit met die figuursaag.

2 Plaas die kleiner patroon op een van die uitgesnyde groot tafelblaai­e en merk waar die drie pote moet kom – so maak jy seker dat die kleiner tafel netjies tussen die pote van die groter tafel inpas. Posisionee­r die pote op die blad (maak seker hulle staan “wydsbeen”) en boor gidsgate skuins in die drie pote; skroef vas met die 40 mm-skroewe. Draai die tafel regop en versterk die pote met ’n 50 mm-skroef van bo af deur die blad.

3 Spuit houtlym op die oorblywend­e groot blad en sit die tafel onderstebo daarop neer. Skroef die blaaie van onder af aan mekaar met die 30 mm-skroewe. Vul al die skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word. Skuur die tafel deeglik en vernis of verf dit in die afwerking van jou keuse. Ons het die groter tafel met Woodoc Water-Borne Floor verseël.

4 Herhaal die proses om die kleiner tafel te maak met die twee kleiner blaaie en 330 mm-gordynstok­ke as pote. Kies ’n kontraster­ende afwerking vir die kleiner tafel.

 ??  ?? Hout en skroewe verskaf deur Cape Boards KONTAK EN VERSKAFFER­S Cape Boards 021 981 0152, capeboards.co.za Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za 1 2 4 3
Hout en skroewe verskaf deur Cape Boards KONTAK EN VERSKAFFER­S Cape Boards 021 981 0152, capeboards.co.za Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za 1 2 4 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa