Tuis

Hartsiekte by honde

-

Lindy du Toit van Pretoria skryf My vriend se poedel is gediagnose­er met mitrale inkompeten­sie, en blykbaar is dit baie ernstig. Ek het nog nooit daarvan gehoor nie, maar nou is ek bekommerd oor my eie twee poedels. Waarvoor moet ek uitkyk?

Jacqueline Mthembu, projekbest­uurder by Boehringer Ingelheim,

antwoord Mitrale inkompeten­sie is die gevolg van ’n hartklep wat lek. Dis die algemeenst­e hartsiekte onder honde en kom gewoonlik voor by klein tot middelslag­rasse wat minder as 20 kg weeg, soos foksterrië­rs, poedels, schnauzers en chihuahuas.

Die toestand veroorsaak dat die hartkleppe verdik, gevolglik maak dit ná elke hartklop nie behoorlik toe nie. Daar loop dan bloed terug in die linkeratri­um en dit veroorsaak ’n “gesuis” wat ’n veearts net met ’n stetoskoop kan waarneem.

As jou hond vinnig asemhaal, kortasem is of flou val, moet jy hom liefs laat ondersoek.

Omdat tekens van hartsiekte in die vroeë stadiums nie maklik sigbaar is nie en jou hond se liggaam waarskynli­k aanpas om die simptome te verlig, bestaan die moontlikhe­id dat jy nie sal agterkom hy is siek nie. Maar mettertyd sal sy liggaam nie meer die siekte kan beveg nie, en dit kan lei tot hartversak­ing.

Dit is dus uiters belangrik dat jou veearts gereeld jou hond se hart ondersoek. Hoewel daar nie ’n geneesmidd­el is nie, kan jou dieremaat ’n lang, gelukkige lewe lei mits die siekte vroeg gediagnose­er en goed bestuur word. Studies het bewys dat behandelin­g tydens die vroeë stadiums van ’n lekkende hartklep jou hond se lewe kan verleng.

As jy enige veranderin­ge in jou hond se gedrag, eetlus of aktiwiteit­svlak oplet, as jy vermoed hy is dalk ’n risiko-geval of as hy van ’n klein ras en ouer as sewe is, is dit bitter belangrik dat jou veearts gereeld sy hart ondersoek.

 ??  ?? Almal op die dorp weet wanneer Bongo op pad is. – Elmari Silvestri, Modimolle Casey hardloop graag in die veld. – Helen du Plessis, Garsfontei­n Dolle vaart Draai links hier voor!
Almal op die dorp weet wanneer Bongo op pad is. – Elmari Silvestri, Modimolle Casey hardloop graag in die veld. – Helen du Plessis, Garsfontei­n Dolle vaart Draai links hier voor!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa