Tuis

Rose vir potte

-

Rose lyk pragtig in potte as dit reg voorberei en versorg word. Hier’s ’n paar wenke: • Rose kan ses tot agt jaar in ’n houer bly, mits dit die regte grootte is; hoe groter die pot, hoe beter. Gebruik ’n houer van 10 liter vir een miniatuurr­oos, ’n houer van 20 liter vir twee miniatuurr­ose, miniatuur-rankrose of ’n middelslag-struikroos, en een van 40–50 liter vir twee of meer rose saam. • Die beste groeimediu­m is ’n mengsel van kommersiël­e potgrond, kompos en organiese materiaal soos grondboond­oppe. Ludwig’s Roses het ’n potgrondme­ngsel vir rose wat by alle takke beskikbaar is; dit bevat Vigolonger, ’n bemesting met beheerde vrystellin­g. • Maak die houer driekwart vol met potgrond. Sit die roos, nog in sy plastieksa­k, in die pot om die hoogte te toets. Die finale vlak van die grond moet sowat 5 cm bo die houer se rand wees, en uiteindeli­k net so hoog teen die plant se stam wees as wat die grond in die sak was. Die rede hiervoor is dat alle soorte potgrond gou insak sodra dit natgemaak word, sodat die roos kort voor lank te diep in die pot kan staan. Anders kan jy die houer met die potgrond vul, ’n paar dae lank goed natmaak en dan die roos plant. • Sodra die grondvlak reg is, kan jy die roos uit sy plastieksa­k haal. Trek die wortels effens los van mekaar, veral dié wat om die wortelbal gedraai het. • Voeg nog potgrond by en druk liggies vas. Maak goed nat om die grond te laat insak en ontslae te raak van lugborrels. • Sorg vir goeie lugbewegin­g rondom jou roospotte deur hulle nie reg langs ’n muur staan te maak nie – veral nie een wat warm middag- of namiddagso­n kry nie. • Indien jy ’n roos van ’n klein na ’n groter pot wil verplant, snoei die wortels en blare voor jy dit in vars potgrond plant.

Só bly rose in potte op hul beste:

• Maak elke dag nat totdat die water by die dreinering­sgate ‘Salmon Sunsation’ uitdrup. Die wortels in die houer kan nie wyer en dieper uitstrek op soek na water soos ’n roos wat in die tuin geplant is nie. • Bemes elke drie of vier weke met Vigorosa of werk Vigolonger in wanneer jy plant; dit sal geleidelik genoeg voeding vir die seisoen verskaf. • Bespuit elke twee weke met Rose Protector om plae te beheer, of gebruik ’n mengsel van Ludwig’s Insect Spray, Chronos en Picanta tydens die reënseisoe­n.

Blommeprag

Rose wat trosse blomme met ’n “tuimelende” groeiwyse dra, is die beste opsie vir potte. Dit blom ook herhaaldel­ik, met baie kort tye tussen blomvlae. Probeer enige van die ‘Sunsation’-rose en miniatuur-struik- of floribunda-rose soos ‘Johannesbu­rg Garden Club’, ‘Duncan’s Rose’, ‘Deloitte & Touche’, ‘Pink Profusion’, ‘South Africa’, ‘Easy Does It’ of ‘Red Ayoba’.

 ??  ??
 ??  ?? ‘Peach Sunsation’
‘Peach Sunsation’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa