Tuis

Geroosterd­e varktjops met pynappelsa­lsa

-

Onder R100 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 20 minute • Oondtemper­atuur: 220°C

• 4 groot varktjops met swoerd aan • olie vir aansmeer • soutvlokki­es vir invryf SALSA • 1 rooi ui, fyngekap

• 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny • 2 knoffelhui­sies, gekap • 1 brandrissi­e, fyngekap • sap en skil van een suurlemoen

1 Maak die salsa Gooi al die bestanddel­e in ’n flessie, sit die deksel op en skud. Geur met ’n bietjie sout en hou eenkant.

2 Voorverhit die oond. Sny met ’n skerp messie diep kepe in die varktjops se swoerd, verf dit met olie en vryf in met die soutvlokki­es. Verf die res van die tjops ook met olie en sit dit op ’n draadrak in ’n oondpan. Bak vir 20 minute of tot die tjops gaar en die swoerd bros is. Sit voor met die salsa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa