Ka­ra­mel-ui­esmoor­brood­jie

Die smoor is ook heer­lik saam met ’n kaas­bord, ge­roos­ter­de hoen­der of ge­rook­te vark, of op de­li-brood­jies.

Tuis - - HOOFKOS -

Ge­noeg vir 2 brood­jies Be­rei­dings­tyd: 50 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 1 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• 30ml bot­ter • 5ml o­lyf­o­lie • 4 groot uie, ge­skil en dun­ge­sny • 1 groen ap­pel, pit­te ver­wy­der en grof­ge­ras­per • 125ml ge­droog­de bos­bes­sies • 30ml bruin­sui­ker • 60ml bal­se­miek­a­syn • ge­ras­per­de skil van 1 le­moen • 750g win­kel­brood­deeg

1 S­melt die bot­ter en o­lyf­o­lie saam en braai die ui sta­dig tot glan­send. Voeg die ap­pel en bes­sies saam met die sui­ker by en roer deur. Roer­braai tot die ap­pel sag is en die uie be­gin kleur kry. Roer die a­syn en le­moen­skil by en roer­braai tot stro­pe­rig. Ver­wy­der van die hit­te en laat af­koel.

2 S­meer twee brood­pan­ne met bot­ter. Ver­deel die deeg in twee en rol el­ke stuk uit in ’n lang strook, net so breed soos die leng­te van jou brood­pan. S­meer die

helf­te van die ui­esmoor in ’n dik laag oor een deeg­strook, rol styf op soos ’n rol­koek en sit dit in die voor­be­rei­de pan. Her­haal met die an­der strook en die res van die smoor. Be­dek los­weg met kleef­plas­tiek en laat rys op ’n warm plek tot dub­bel die vo­lu­me.

3 Voor­ver­hit die oond. Strooi ’n bie­tjie grow­we sout oor die bro­de en bak vir so­wat 35 mi­nu­te of tot die brood hol klink wan­neer jy daar­op klop. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.