Op­knap Vic­to­ri­aan­se en in­dus­tri­ë­le e­le­men­te in die Moe­der­stad

’n S­tow­we­ri­ge pa­let en de­ka­des oue af­wer­king moes waai so­dat Vic­to­ri­aan­se en in­dus­tri­ë­le e­le­men­te in vol­ko­me har­mo­nie kon saam­leef.

Tuis - - NEWS - Deur Ma­ri­an van Wyk • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

’nGoeie skeut waag­moed en i­de­a­lis­me help be­slis met ’n om­vat­ten­de op­knap­pro­jek, des te meer wan­neer jou nu­we huis nog ’n kon­struk­sie­ter­rein is wan­neer jy in­trek. Dit sal Wal­di­mar Pel­ser, re­dak­teur van Rap­port, en Wil­helm van der Ho­ven, wat in die fi­nan­si­ë­le be­dryf werk, jou ge­lyk gee.

In Maart 2017 het hul­le en hul twee hon­de sak en pak van Jo­han­nes­burg af Kaap toe ge­trek na hul nu­we huis – of­te­wel, na die twee slaap­ka­mers van hul nu­we huis, want die bou­pro­jek, met Wal­di­mar se twee­ling­sus­ter, In­ge­borg, as pro­jek­be­stuur­der, was toe maar tien dae aan die gang.

Boon­op was dit die eer­ste keer dat Wal­di­mar ’n voet in die huis ge­sit het. “Al wat ek ge­dink het toe ek die bou­val sien, was: ‘Ja, wel, ons kan se­ker iets hier­mee doen,’” ont­hou hy.

Die groot aan­trek­kings­krag was die sen­tra­le lig­ging van die ei­en­dom en wat Wal­di­mar “ruim­te in ste­de­li­ke ter­me” noem, be­slis nie die af­ge­leef­de af­wer­kings soos muur- en mat­kleu­re wat hul­le ont­hou as “’n meng­sel van stof en ba­ba­poef” of die vier boog­vor­mi­ge deur­gan­ge tus­sen be­knop­te ver­trek­ke nie. Maar tus­sen die ou­tyd­se af­wer­kings was daar ook plus­pun­te, soos die goeie hout­vloe­re wat hul­le kon be­hou.

Saam met Olaf, hul ys­li­ke Deen­se hond, en A­nouk, ’n Wei­ma­ra­ner-La­bra­dor-krui­sing, het hul­le in die hoof­slaap­ka­mer (da­rem met ’n wer­ken­de en sui­te­bad­ka­mer!) ge­leef en ge­slaap, ter­wyl al hul meu­bels in die gastekamer op­ge­sta­pel en toe­ge­sluit is. In­tus­sen moes die gang tus­sen die twee slaap­ka­mers as ty­de­li­ke kom­buis dien; vir kuns­wer­ke en be­lang­ri­ke do­ku­men­te het hul­le ’n pak­ka­mer ge­huur.

’n Ar­gi­tekvriend het hand by­ge­sit met die fi­na­li­se­ring van die plan­ne. En so tus­sen die on­ge­rief, stof­wol­ke en ge­druis wat daar­mee ge­paard gaan as jy mu­re uit­breek en aar­di­ge af­wer­kings stroop om ’n mo­der­ne bly­plek vir die 21ste eeu te s­kep, het ’n ruim, lig­te oop­plan­lek­ker­leef­huis be­gin vorm aan­neem.

Die bin­ne­hof on­der ’n pri­eel van blou­re­ën en sier­druif (bo) is be­skut teen die Kaap se be­rug­te suid­oos­te­wind; dis waar Wal­di­mar graag Son­dae met sy koe­ran­te en boe­ke uit­span. Mat, kus­sings, wit lan­terns en wit plant­pot van MRP Ho­me; stoe­le van Chair Cra­zy

Dra­ma­tie­se ver­skil

Die oop­breek van ’n klom­pie klei­ner ver­trek­ke – die kom­buis, op­was­ka­mer, eetkamer en die e­nig­ste ou badkamer – om een en­ke­le ruim oop­plan-leef­ver­trek te s­kep, het die mees dra­ma­tie­se ver­skil ge­maak. Dié leef­ruim­te maak nou so­wat 75% van die huis se to­ta­le op­per­vlak­te uit. “In die eetkamer het ons aan die sui­de­kant ’n klein skuif­deur ver­vang met ’n staal­deur van 2,8 x 3 me­ter. In die sit­ge­deel­te is nog twee nu­we groot staal­deu­re,” ver­dui­de­lik Wal­di­mar. “Hier is nou so­veel meer na­tuur­li­ke lig en ’n mooi uit­sig; ons is dol daar­oor.”

Ná drie maan­de het die bou­stof let­ter­lik gaan lê. “Teen mid­del Ju­nie ver­le­de jaar was die pro­jek klaar. Daar is geen ma­nier hoe ons dit son­der In­ge­borg sou kon reg­kry nie. Sy was el­ke dag daar om se­ker te maak din­ge ver­loop vlot.”

Van­dag is hul­le ewe tuis bin­ne en bui­te hul e­le­gan­te huis. Die lig­ging kan nie be­ter vir hul spor­tie­we dog ste­de­li­ke leef­styl nie. “V­re­de­hoek is sen­traal met vin­ni­ge toe­gang tot die groot snel­weë, maar ook on­op­ge­smuk soos ’n dor­pie. Van die voor­stoep af sien ons die mid­de­stad, maar ons ven­sters kyk nie in an­der ge­boue vas nie en die veld langs­aan laat die ag­ter­plaas met ons groen­te­tuin ’n bie­tjie soos plaas voel. Uit die ag­ter­plaas sien ons die berg, waar Wil­helm graag hard­loop. Al­les is na­by – van eet­plek­ke tot die stran­de. Dit is pre­sies hoe ons wil leef.” >>

De­kor­de­tail

Wal­di­mar en Wil­helm se leef­ruim­te is man­lik met in­dus­tri­ë­le ken­mer­ke en ’n mo­der­ne in­ter­pre­ta­sie van Vic­to­ri­aan­se e­le­men­te, soos die nu­we dog klas­sie­ke badkamer- en kom­buis­kra­ne.

As jy hul­le pols oor hul de­k­or­keu­ses, kom die ant­woord vin­nig: “Keu­ses is ’n sterk woord. Al wat ons ge­koop het, is ons TV-kas. Ons styl neig na e­klek­ties, want al­les kom uit vo­ri­ge bly­plek­ke of ons ou­ers se hui­se. Ge­luk­kig het ons die­self­de smaak. Ons moes van heel­wat goed ont­slae raak voor ons hier kon in­trek. Ek voel se­dert­dien so­veel lig­ter,” sê Wal­di­mar.

“Ons de­kor is nie net ge­ne­ries nie; el­ke stuk is hier om ’n re­de, soos die bees­vel op die eet­ka­mer­vloer, wat ons aan die noor­de­li­ke de­le van die land her­in­ner. Ons al twee is nog baie lief vir Jo­han­nes­burg, van­daar al die

noor­de­li­ke e­le­men­te in ons de­kor.”

Hy er­ken dat hy “on­ge­twy­feld ob­ses­sief” is oor kon­ti­nu­ï­teit, een­vor­mig­heid en aan­dag aan de­tail – iets wat hy waar­skyn­lik klein­tyd aan­ge­leer het by sy pa, Pie­ter, ’n ar­gi­tek.

“Eint­lik het al­les by die swart staal­raam­deu­re be­gin. Dit was as’t wa­re die leit­motif en die in­spi­ra­sie vir al die an­der mo­no­chroom e­le­men­te – van die spier­wit gang­muur en muur­te­ëls en die swart-en-wit fo­to’s, tot ie­der en el­ke ding wat swart of don­ker­grys is: die in­ge­bou­de kas­te, hang­lam­pe, stoof, bed­kop­stuk en bed­lin­ne, selfs die bui­te­lig­te en die Wen­dy­huis!”

Die groot nu­we staal­raam­deu­re aan die noor­de­kant van die huis lei na die bin­ne­hof, en son­blok-rol­blin­dings is skaars sig­baar ter­wyl dit oop is. Die groot boek­rak in die leef­ver­trek is los­han­de Wal­di­mar se guns­te­ling-meu­bel­stuk. “Dis vir my on­ge­loof­lik lek­ker om so om­ring te wees deur boe­ke.” Die ge­stof­feer­de stoe­le kom uit Wal­di­mar se pa, Pie­ter, se ar­gi­teks­prak­tyk. Wil­helm se pa, Wil­lie, het die riem­pie-kant­ta­fel­tjie ge­maak.

Wie woon hier? Wal­di­mar Pel­ser en Wil­helm van der Ho­ven WAAR V­re­de­hoek, Kaap­stad Die voor­aan­sig ver­klap reeds iets van die mo­no­chroom ruim­te wat bin­ne wag. Die ou stoep links is nou deel van die hoof­slaap­ka­mer en spog met mo­der­ne vei­lig­heids­hort­jies. >>

Die eetkamer se hout­vloer was vrot en is met ’n se­ment­vloer ver­vang. “Van die bruik­ba­re plan­ke kon ons vir her­stel­werk in die ka­mers ge­bruik,” sê Wal­di­mar. Die swar­ten-wit lug­fo­to van die Nelson Man­de­la-brug wat Braam­fon­tein en Ne­w­town ver­bind, her­in­ner hom aan Jo­han­nes­burg.

Die boon­ste kas­deu­re het mat glas, ge­set in staal­ra­me, wat die leef­ver­trek se groot in­dus­tri­ë­le deu­re kom­ple­men­teer.

’n Muur is tus­sen die voor­stoep en een slaapkamer uit­ge­breek om ’n gro­ter hoof­slaap­ka­mer te s­kep, van­daar die hout- en se­ment­vloer. Ca­la­bash-bed­lam­pe van Bof­red; lin­ne-du­vet­stel van H&M; strooi­kus­sings van Wool­wort­hs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.