#3 Blou­re­ën (Wis­te­ria si­nen­sis)

Tuis - - PLANT VAN DIE MAAND -

Dié klim­plant is ’n vin­ni­ge groei­er en het ’n ste­wi­ge raam­werk of stel­la­sie no­dig om teen op te groei. Blou­re­ën is op sy mooi­ste in die vroeë len­te wan­neer die plant oor­trek is van geu­ri­ge pers blom­me – die k­leu­re van ver­skil­len­de va­ri­ë­tei­te wis­sel van li­la tot ’n don­ker­der pers en selfs wit. Blou­re­ën is blad­wis­se­lend en ver­kleur mooi in die herfs, wat dit ook in dié sei­soen ’n guns­te­ling maak. In die win­ter laat die kaal tak­ke die son deur en daar­om is dit die i­de­a­le plant om oor ’n stoep of pri­eel waar jy in die win­ter­son­ne­tjie wil sit, te laat rank. Snoei blou­re­ën vroeg in die so­mer, na­dat dit ge­blom het, goed te­rug tot op die raam­werk. Dié klim­plant blom op die vo­ri­ge jaar se groei. Dit be­te­ken as jy in die win­ter die plant ver­der wil net­jies maak, moet jy net die jong lo­te te­rug­sny en die ou­er lo­te, wat in die len­te gaan blom­me dra, aan­los. Blou­re­ën aard in feit­lik e­ni­ge grond, maar het ge­noeg groei- en rank­plek no­dig. Gee ge­reeld wa­ter tot dit ge­ves­tig is; daar­na vra dit min wa­ter. Die plant aard goed in ’n pot (sorg dat die pot groot ge­noeg is) en maak ’n mooi bon­sai.

Plant­gids

Vol­son Ryp­be­stand Blad­wis­se­lend Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Ge­har­de klim­plant Blom laat­win­ter of vroeg­len­te

Hoe lek­ker huil ek nou! Blou­re­ën was my ma se guns­te­ling. My pa moes ’n stel­la­sie bou so­dat die blou­re­ën daar­oor kon­rank. Dit het el­ke jaar tros­se en tros­se blom­me ge­dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.