Le­ser­huis

Die ei­e­naar het dié huis ge­koop om vin­nig op te knap en weer te ver­koop, maar toe raak sy ver­lief op al die potensiaal – en skep ’n tuis­te vol ver­ras­sings. Ma­ri­an van Wyk

Tuis - - CONTENTS - Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • Stilering

Met die eer­ste oog­op­slag lyk dié Vic­to­ri­aan­se da­me waar Lisa Pe­ters en haar man, Ben, woon,

na net nog ’n ti­pie­se Kaap­se er­fe­nis­huis. Die bui­te­kant van die 115 jaar oue ge­bou met sy wit deur­ra­me en net­jie­se grys mu­re kom im­mers heel voor­spel­baar voor.

Tot jy die pienk voor­deur sien. Dan be­sef jy dié Oran­je­zicht-wo­ning is al­les­be­hal­we ge­woon.

“Ek is dol oor die kontras – soos wit deu­re met iets on­ge­woons daar­ag­ter,” sê Lisa met ’n glim­lag.

Sy het die ei­en­dom vier jaar ge­le­de ge­koop, al was sy aan­vank­lik nie op­ge­won­de daar­oor nie. Lisa het ’n paar een­de en ’n lap­pie grond vir ta­ma­ties by haar droom­huis voor­sien en het ge­meen dié werf is ho­pe­loos te klein. “Maar my ver­trou­de ei­en­doms­a­gent, wat my toe al om­trent 60 eien­dom­me ge­wys het, het my oor­tuig dis ’n goeie ko­pie om reg te ruk en weer te ver­koop,” ver­dui­de­lik sy.

“Vic­to­ri­aan­se hui­se is so so­lied. In daar­die op­sig was dit dus per­fek – daar was selfs ’n ou Aga-stoof in die kom­buis. Maar die ge­bou is nie goed on­der­hou nie en die bin­ne­kant het drin­gend aan­dag ge­kort.”

Half­pad deur die op­knap het Lisa duur plak­pa­pier en te­ëls be­gin koop. “Dit was per­soon­li­ke keu­ses en glad nie wat ’n mens doen wan­neer jy be­plan om weer te ver­koop nie!” er­ken sy en lag.

Sy het toe die huis ge­hou, en dees­dae woon Lisa en Ben, wat so tus­sen die op­knap­pe­ry deur ver­lief ge­raak en ge­trou het, baie lek­ker hier en ont­haal hul­le graag vrien­de in dié sjar­man­te ruim­te.

’n Ryk ge­skie­de­nis

Na­dat Lisa be­sluit het om die huis te koop, het sy by Ca­pe To­wn Property His­to­ries in Wood­stock aan­ge­klop om dit na te vors en ’n bro­sju­re oor sy ge­skie­de­nis saam te stel. Sy is die 14de ei­e­naar; die huis het aan­vank­lik deel uit­ge­maak van die Oran­je­zicht land­goed wa tin 1901 on­der­ver­deel is.

Oor die ja­re het die on­der­skeie ei­e­naars heel­par­ty ver­an­de­rin­ge aan­ge­bring – som­mi­ge be­ter as an­der. Lisa, wat al op­knap­pro­jek­te in ver­skeie lan­de vol­tooi het, het dié een aan­ge­pak met die hulp van wat sy ’n “bont­spul ka­rak­ters” noem.

“Ons het klam pleis­ter af­ge­kap, vier ver­trek­ke oor­ge­pleis­ter, skreeu­le­li­ke mat­te uit­ge­ruk en die ou O­re­go n den­ne hout­vloe­re af­ge­skuur. In die kom­buis het ons ’n se­ment­vloer ge­lê en ge­te­ël, die kom­buis en sit­ka­mer om­skep in een oop­plan­ruim­te en nog ’n bad­ka­mer aan­ge­bou so­dat die d­rie slaap­ka­mers elk­een sy eie en sui­te het,” ver­dui­de­lik sy.

Lisa het die pro­jek aan­ge­pak met die groot­ste re­spek vir die oor­spronk­li­ke styl van die huis. Maar moe­nie dink dit het haar ge­keer om haar per­soon­li­ke stem­pel daar­op af te druk nie! >>

Plak­pa­pier gee ’n di­men­sie wat verf en verf­teg­nie­ke nie kan doen nie. Dit het oom­blik­li­ke tref­krag. – Lisa

Ton­ne pret!

Wat de­kor be­tref, glo Lisa dis nie no­dig om by een styl te hou nie. Elk­een van die d­rie slaap­ka­mers het ’n u­nie­ke, speel­se te­ma: De­ad­ly Sin­ful, Dog Hou­se en Bou­doir.

As ki­ne­si­o­loog sê Lisa sy is fyn in­ge­stel op e­ner­gie. “Daar­om moes die plak­pa­pier, verf en de­kor by die luim van el­ke ver­trek en sy be­son­der­se ei­en­skap­pe in­ska­kel,” ver­dui­de­lik sy. “Die kom­buis het by­voor­beeld ’n tref­fen­de blou­pers fo­kus­muur wat dra­ma­ties kon­tras­teer met die geil­groen tui­me­len­de ver­ti­ka­le tuin wat ’n mens deur die ven­sters sien.

“In die eet­ka­mer wou ek ’n weel­de­ri­ge at­mos­feer skep, toe verf ek dit met Plas­con se Raf­ter; só ‘ver­dwyn’ die ou in­ge­bou­de kas­te as’t wa­re in die muur.”

Lisa ont­haal graag en haar de­kor is al­tyd ’n on­der­werp. “Ek is dol daar­oor wan­neer gas­te vra waar ek iets ge­kry het, hoe ek iets ge­kies het en wat my be­siel het om se­ke­re e­le­men­te te ge­bruik.”

Lisa bring graag de­tail in lae in en voeg dik­wels ’n ver­ras­sings­e­le­ment of twee by – die rooi hart­jies in die bed­kap in Bou­doir, die hond­jie-ha­ke ag­ter die deur in Dog Hou­se of die vo­ëls in De­ad­ly Sin­ful se al­koof. Daar is tel­kens iets wat jou aan­dag trek en na­der lok. >> Die hand­ge­maak­te geel­hout-he­mel­bed in die hoof­slaap­ka­mer s­taan in die mid­del van die ver­trek – pleks van teen ’n muur – ter wil­le van die bes­te uit­sig op Ta­fel­berg. Ben het daar­op aan­ge­dring om die deu­re en ra­me die­self­de don­ker­pers as die mu­re te verf so­dat dit “ver­dwyn” en jou fo­kus op die berg bly.

Hackney Em­pi­re-plak­pa­pier van The Hou­se of Hackney

Dis in die de­tail Die te­ëls in die voor­por­taal is nog die oor­spronk­li­ke. “Qu­a­dra­ta in Die­p­ri­vier het my ge­help om twee ge­kraak­te te­ëls met soort­ge­ly­kes te ver­vang,” sê Lisa.

Die gas­te­bad­ka­mer met sy Gra­ham and Bro­wn-fla­mink­plak­pa­pier – selfs aan die bin­ne­kant van die deur – is een van Lisa se guns­te­ling­ver­trek­ke in die huis. Daar het selfs ’n fla­mink per­ma­nent “in­ge­trek” Muur­lig­te van Mag­pie Art Col­lecti­ve

Die kan­de­la­ber bo die eet­ka­mer­ta­fel is pas­ge­maak van her­win­de ma­te­ri­aal deur Mag­pie Art Col­lecti­ve op Bar­ry­da­le – dis ’n won­der­li­ke weer­spie­ë­ling van Lisa se op­ge­wek­te per­soon­lik­heid.

Elk­een van die d­rie slaap­ka­mers het sy eie de­kor­te­ma: ’n naam­plaat­jie teen el­ke deur be­rei jou voor op wat bin­ne wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.