Kos & drank vir die siel

Ver­wel­kom die win­ter met heer­li­ke eet­goed en iets om die keel nat te maak!

Tuis - - CONTENTS -

’n Kos­reis

Ming-C­heau Lin se Just Add Ri­ce (R375, Qui­ver­tree) is ’n vie­ring van die Tai­wan­ne­se kul­tuur en kook­kuns van­uit haar be­son­der­se oog­punt as im­mi­grant wat in Bloem­fon­tein groot­ge­word het. Tai­wan­ne­se kos mik na ba­lans en har­mo­nie in geur, teks­tuur en voe­dings­waar­de en die boek fo­kus op huis­kos van plaas­li­ke pro­duk­te en be­stand­de­le uit die Oos­te wat hier be­skik­baar is. Pro­beer iets nuuts!

KRY JOU VIR MID­DAG­E­TE

Men­lyn se For­ti G­rill & Bar in die Ti­me S­qua­re Sun In­ter­na­ti­o­nal Ca­si­no het ’n spe­si­a­le mid­dag­e­te-aan­bod vir week­dae: Teen R150 kan jy smul aan ’n twee­gang- I­ta­li­aan­se fees, mét ’n drankie (’n glas wyn, plaas­li­ke bier, mi­ne­raal­wa­ter of sap) daar­by; al­les word bin­ne net 30 mi­nu­te voor­ge­sit. Ska­kel 086 003 6784 om te be­spreek of e-pos in­fo@for­ti.co.za. Sien ook for­ti.co.za.

MET BROOD GE­BROU Het jy ge­weet 32% van SuidA­fri­ka se kos word ge­mors? To­ast is vas­be­slo­te om dit te ver­an­der! Hul smaak­li­ke bier word ge­brou van on­ver­koop­te bro­de by bak­ke­rye en on­ge­bruik­te toe­brood­jie­kor­sies. Al an­der be­stand­de­le is hop, gis en wa­ter. Die wins gaan aan Soil for Li­fe, ’n organisasie wat werk­lo­se Suid-A­fri­ka­ners be­mag­tig deur hul­le op te lei om kos­tui­ne tuis aan te lê. Sien meer by to­as­ta­le.com. Bes­te van die Be­sters

Be­ster is ’n be­perk­te reeks e­le­gan­te wy­ne wat Zak­kie Be­ster in die Swart­land maak. Die Be­ster C­he­nin Blanc 2016 (R104, bes­ter­wi­nes.com) is ryk aan die geur van tro­pie­se vrug­te, met ’n skerp suur­heid en mi­ne­ra­li­teit vir ba­lans. S­kink ’n gla­sie, sit ag­ter­oor en ge­niet ’n oom­blik van sa­lig­heid.

VAN BOOT NA BORD

S­teen­berg se Bis­tro Six­teen82 in Kaap­stad, en A­balo­bi, ’n nie-wins­ge­wen­de ge­meen­skaps­pro­jek, s­taan aan die voor­punt van SA se eer­ste boot-tot-ta­feler­va­ring; Gas­te skan­deer ’n QR-kode by hul ta­fel en kry dan in­lig­ting oor die oor­sprong van die see­kos op hul bord, ge­vang deur klein­skaal­se vis­sers aan die Wes- en Suid-Kaap­se kus. Dit ver­se­ker ’n be­ter prys vir die vis en meer vol­hou­baar­heid vir die vis­sers en see-hulp­bron­ne. Vir be­son­der­he­de, be­soek a­balo­bi.in­fo en steen­berg­farm.com/bis­tro1682/.

’n Ap­pel el­ke dag ...

De G­ren­del se nu­we Three S­pa­des Ci­der (R35/330 ml, de­gren­del.co.za) is ge­maak van vars­ge­pers­te ap­pels uit El­gin. Dis lig en vars met heer­li­ke bor­rels, daar­om her­in­ner dit aan sjam­pan­je en is dit per­fek vir ’n vie­ring! Sit dit voor met als van oond­ge­braai­de vark tot pi­kan­te Oos­ter­se dis­se.

Op ’n draf­stap!

Be­derf Pa op Va­ders­dag met ’n her­bruik­ba­re e­cof­fee-be­ker (R199, yup­pie­chef.com) van bam­boes­ve­sel en mie­lie­blom.

Sit aan

’n Pas­sie vir plaas­li­ke be­stand­de­le en die e­ner­gie van die Suid-A­fri­kaan­se kos­be­dryf in­spi­reer die sjef Guy Ben­nett wan­neer hy sy mees­ter­stuk­ke by The Re­stau­rant by Gran­de Pro­ven­ce op Fransch­hoek skep. Die à la car­te-spys­kaart sluit ’n drie­gang­mid­dag­e­te (R450 per per­soon) en vier­gang-aand­e­te (R725) in, met voor­stel­le vir ’n by­pas­sen­de Gran­de Pro­ven­ce-wyn by el­ke ge­reg. Ska­kel 021 876 8600 of e-pos re­ser­va­ti­ons@gran­de­pro­ven­ce.co.za om te be­spreek.

Vrug­te­geur

Lindt se nu­we Fruit Sen­sa­ti­on-reeks don­ker­sjo­ko­la­de­hap­pies met ’n sag­te kern (R64,95 vir ’n her­se­ël­ba­re pak­kie van 150 g) is te kry by wool­wort­hs.co.za. Ons was dol oor die le­moe­nen-pienk­po­me­lo-geur. N­jam!

Ta­fel­praat­jies

Her­in­ne­rin­ge aan die Ot­ter-stap­roe­te langs die T­sitsi­kam­ma-kus­lyn bied die kleur- en teks­tuur-in­spi­ra­sie vir Mun­go se Ot­ter Trail-ta­fel­doe­ke van sui­wer lin­ne (van­af R1 065 elk). Dié skil­der­ag­ti­ge stap­roe­te be­gin juis nie ver van die Mun­go Mill in P­let­ten­berg­baai nie. Vir be­son­der­he­de oor hul se­we kleur­kom­bi­na­sies en groottes, be­soek mun­go.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.