Ag­ter­blad Ka­rin Bryn­ard ge­sels

Sy het haar on­skuld vroeg in haar le­we ver­loor, ver­tel Ka­rin Bryn­ard: die dag toe sy die eer­ste keer in die spie­ël ge­kyk het.

Tuis - - CONTENTS -

SSoms kyk ’n mens mos in die spie­ël en jy skrik skie­lik klip­hard vir die beeld wat te­rug­kyk. Want nor­maal­weg kyk jy mos nie rê­rig soos in kýk nie. Jy kyk vlug­tig, ter­wyl jy gou tjek vir pie­ter­sie­lie tus­sen die tan­de en of die bol­la da­rem nog bo sit. Of in­ge­dag­te, ter­wyl jy flos.

Nou die dag maak ek die fout om ’n slag te síén wat ek sien. En skrik my ka­duks.

Pro­bleem is dat ek ’n bie­tjie ge­wig ver­loor het en toe skie­lik met kon­ser­ti­na­sin­droom op­ge­saal sit. Jy weet mos: wan­neer die kon­ser­ti­na wind ver­loor en hy hom mooi ge­plooi in­me­kaar vou. Daar­die sin­droom. En da­de­lik dink ek aan pam­poen. Ek was klein, bit­ter klein. Ons het op Cal­vi­nia by my ou­ma S­tie­nie ge­woon. Vir ’n ek­stra in­kom­ste­tjie het Ou­ma kle­re ge­maak en wan­neer die tan­nies kom aan­pas het, is die lang spie­ël uit­ge­haal – daar­die gru­wel van ’n uit­vind­sel en die wor­tel van al­le kwaad in el­ke vrou se le­we.

Ek moes kwa­lik vier ge­wees het, pril in my on­skuld, toe ek in die kloue van daar­die in­stru­ment van eu­wel be­land. Dit sou ’n laat­og­gend ge­wees het en ek het dalk by Ou­ma in haar werk­ka­mer ge­speel ter­wyl sy ’n stuk lap aan’t s­tik was. Die lang spie­ël sou al klaar ge­staan het, want ie­mand moes kom aan­pas. Dalk het ek ma­ne­wa­les uit­ge­haal voor die spie­ël om my­self te ver­maak, ek ont­hou nie juis nie. Wat ek wél vir se­ker weet, is dat ek in ’n sta­di­um in daar­die spie­ël ge­kyk en die kol­le op my ge­sig ont­dek het! En daar­na moes ver­neem dat hul­le per­ma­nent daar was. Deel van die pak­ket van my le­we. My ma het die tra­ne weg­ge­lag. En toe pleeg sy ver­raad. Toe ons daar­die Son­dag ná kerk by my oom Da­nie-hul­le gaan eet, word die sto­rie aan e­tens­ta­fel oor­ver­tel. Na­dat die ge­lag be­daar het, vra oom Da­nie toe of ek ge­weet het pam­poen is so goed vir sproe­te – goed we­tend, na­tuur­lik, dat ek die o­ran­je groen­te ver­af­sku.

“As jy dit reg­kry om ’n week lank pam­poen te eet,” fluis­ter my oom Da­nie toe, “gaan jy sien hoe daar­die sproe­te ver­dwyn.”

Ek het ge­ëet. Lang­tand, aan­vank­lik, maar met­ter­tyd met gro­ter en­toe­si­as­me. En ie­de­re aand ná ete ’n stoel voor die bad­ka­mer­was­bak se spie­ël in­ge­sleep om in­spek­sie te hou. In die dow­we­ri­ge lig van die en­ke­le 60W-gloei­lam­pie kon ek my vas ver­beel die sproe­te was ’n bie­tjie lig­ter.

Die Son­dag daar­na het oom Da­nie sy eie in­spek­sie ge­doen. Sy vin­ger sou oor sy Clark Ga­ble-snor­re­tjie gly en hy sou sê: “Hmm, lyk my daar’s vor­de­ring. Maar ek meen dit sou nóg vin­ni­ger gaan as jy bie­tjie pa­tats pro­beer.”

Kloek­moe­dig sou ek my toe­lê op pa­tats, be­sield en ge­dre­we. Die groe­ne­ri­ge, kluit­jie­ri­ge ou knol­le sou ek man vir man kaf­draf daar­die week. En sa­wens die no­di­ge in­spek­sies doen en my soms ver­beel daar­die vlek­kies lyk bie­tjie lig­ter. Dalk was die na­re pa­tats in­der­daad die won­der­mid­del.

Maar be­dags, in Ou­ma se dui­wel­spie­ël, was die sproe­te weer geil in die blom. Dan was daar weer nu­we raad van oom Da­nie.

Ek dink ek het die spel vol­ge­hou deur al die knol­groen­tes, deur al die geel­groen­tes en deur som­mi­ge van die ver­derf­li­ke peul­groen­tes ook. Dis toe die Bras­si­cas op die to­neel kom dat die grap­pie op ’n stok­kie was – vir my, al­tans. Ek het een­vou­dig ’n s­treep ge­trek by groen­kool, om van sy le­li­ke twee sus­ters blom­kool en broc­co­li nie eens te praat nie.

Dit het bui­ten­dien ook g’n stuk ge­help nie. Daar­die sproe­te sit nog net so. Dwars­deur my skool­ja­re, my sim­pel pu­ber­teit, sor­rie u­ni­ver­si­teits­le­we, lek­ker be­roeps­le­we en an­der kant uit tot hier – die sproe­te klou. Geen salf aan te s­meer nie, let­ter­lik.

En nou is dit sproe­te met plooie. Geen ver­be­te­ring nie, ver­tel die el­len­de­ling­spie­ël my.

Tot ek die­per kyk. Tóé sien ek dit: Dis my le­we wat daar op my ge­laat sit. Al­les wat ek mee­ge­maak en be­leef het. Al­les wat ek ge­leer het, selfs al weer ver­geet het. Al­les wat ek lief­ge­had het. Ook ver­loor het.

Wat ek daar sien, is wat kos­baar is. ’n He­le le­we, ge­dra deur die een­voud van ’n a­sem­teug. Ek sien die won­der­werk van le­wend wees, die voor­reg om hier te wees. Om die son op my vel te voel, ’n kind se lag of die jan­fre­de­rik se lied te hoor, om te sien hoe ek my­self be­haag­lik in­skud in ’n ou vrou se ge­daan­te, ou­er as wat ek nog ooit was.

En skie­lik is ek bly. Wat kan ’n sproet of ’n plooi my skeel? Ek is oud ge­noeg. Ek het lief­ge­had, is lief­ge­hê. Ek skrik vir niks. Laat s­taan nog pam­poen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.