Vra die ken­ners

Won­der jy oor warm en koue kleu­re, of kort jy raad vir ’n kom­buis­op­knap? Vra net – ons kry die ant­woor­de.

Tuis - - CONTENTS - Saam­ge­stel deur De­si­ree Hart­ney

Kom­buis­di­lem­mas

In die Ok­to­ber 2017-uit­ga­we van Tuis kon een le­ser ’n Mi­les­to­ne Kit­chen-kom­buis ter waar­de van R50 000 wen. Jen­na S­choe­man van K­waZu­lu-Na­tal was die uit­ein­de­li­ke wen­ner! Sil­via Mi­les, ei­e­naar van Mi­les­to­ne Kit­chens wat ook dié lek­ker prys ge­borg het, het vir Jen­na ’n nu­we kom­buis ont­werp, en som­mer vir die naas­wen­ner ook!

#1 DIE WEN­NER

Jen­na S­choe­man van K­waZu­lu-Na­tal skryf Ons woon in ’n ou plaas­huis en wil graag die kom­buis op­knap so­dat dit die mooi klip-bui­te­kant waar­dig is. Dis ’n lang, s­mal ver­trek met ’n don­ker vloer. Ek wil dit so graag vernuwe en die be­skik­ba­re ruim­te ten bes­te be­nut tot­dat ons la­ter struk­tu­re­le ver­an­de­rin­ge kan aan­bring, soos mu­re af­breek en ’n nu­we vloer in­sit.

DIE O­PLOS­SING

Sil­via ant­woord Jou kom­buis is groot ge­noeg vir knus kui­er­hoe­kies vir jou ge­sin, on­danks die be­perk­te breed­te. Skep ’n ge­meen­skap­li­ke so­ne met ’n ta­fel en ban­kies in die mid­del. Om te ver­goed vir die s­mal ver­trek kan jy hoë muur­een­he­de en oop rak­ke in­stal­leer; Mi­les­to­ne Kit­chens het ’n mi­kro­golf kas ,’ n kom­buis­ge­reed­skap ka­se n ’n re­sep­te­boek­rak met plek vir an­der kom­buis­wa­re soos dien­bor­de en be­kers, wat al­mal teen ’n muur pas. Boon­op het ons los­staan­de kas­te wie­le so­dat jy die uit­leg mak­lik kan ver­an­der wan­neer jy jou kom­buis op­knap of ’n nu­we vloer in­sit.

Ons kas­te is van so­lie­de hout en dus duur­saam – dit sal ’n leef­tyd hou. En of jy nou sak­pas-den­ne­hout kies of die duur­der es­sen­hout, jy kan al­tyd die blaaie skuur en se­ël om dit in ’n puik toe­stand te hou.

#2 DIE NAAS­WEN­NER

Mau­ra Hard­man van K­waZu­lu-Na­tal skryf My af­ge­tre­de ma bly graag be­sig en be­stuur haar he­le huis­hou­ding uit die kom­buis. Dit is eg­ter ’n klein ver­trek wat al­tyd oor­vol voel. E­ni­ge raad?

DIE O­PLOS­SING

Sil­via ant­woord Die mees voor die hand­lig­gen­de pro­bleem is te min spa­sie. Ek stel voor jul­le breek die muur tus­sen die kom­buis en eet­ka­mer af om die ruim­te oop te maak. Bou dan die oop spens­rak toe en plaas ’n hoek­kas daar – dié een­he­de werk uit­ste­kend in klein ruim­tes waar an­der meu­bels nie sal pas nie.

Slim bê­re-op­los­sings is ook be­lang­rik wan­neer jy nie die luuk­se van ruim­te het nie. Met Mi­les­to­ne se De­luxe-krui­de­niers­kas (fo­to bo) en De­luxe-hoek­kas kan jy so­veel meer in jou kom­buis in­pas. Dit het plek vir el­ke ding en hou só die ver­trek net­jies; boon­op skep dit die il­lu­sie van meer ruim­te. >>

A­fri­can Al­lu­re-mi­kro­golf­muur­een­heid (1800mm B x 400mm D x 900mm H) van­af R10 913

Ont­hou die drie­hoek­re­ël wan­neer jy jou kom­buis be­plan: Plaas jou stoof, ys­kas en was­bak na­by me­kaar soos hier­bo aan­ge­dui met die stip­pel­lyn.

De­luxe-krui­de­niers­kas (900mm B x 700mm D x 2400mm H) van­af R22 735

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.