VARK-ENKLAPPERKERRIE

Tuis - - SA PORK PROMOSIE -

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

• 15ml groen­te-o­lie • 750 g vark-ghoe­la­sj­blok­kies (uit die skou­er of nek) • 1 ui, ge­skil en dun­ge­sny • 1 knof­fel­hui­sie, ge­skil en fyn­ge­druk • 2,5cm vars gem­mer, ge­skil en fyn­ge­ras­per • 5ml fyn vin­kel • 1 stin­gel vars si­troen­gras, dun­ge­sny • 30–60ml T­hai­se groen­ker­rie­pas­ta na smaak • 300ml klap­per­room • 350g bot­ter­skor­sie, ge­skil en in 2,5cm-blok­kies ge­sny • 15ml vars kol­jan­der, grof­ge­kap • 15ml vars ba­si­lie, grof­ge­kap • 150 g ba­bas­pi­na­sie­bla­re, ge­was • 15ml lem­me­tjie­sap of na smaak • ge­stoom­de jas­myn­rys vir voor­sit 1 Ver­hit die o­lie in ’n wok of swaar­boom­pan tot taam­lik warm. Braai die vark in sar­sies tot o­ral­oor bruin; skep uit en hou warm. Sit die ui en knof­fel in die­self­de pan en braai oor ma­ti­ge hit­te tot sag. Voeg ’n skeut wa­ter by om al die stuk­kies van die bo­dem af los te skraap en die tem­pe­ra­tuur ef­fens af te bring. 2 Voeg die bot­ter­skor­sie, gem­mer, vin­kel en si­troen­gras by en kook lig­gies met die dek­sel op tot sag. Wenk Kook die bot­ter­skor­sie voor­af om tyd te be­spaar. 3 Roer die ker­rie­pas­ta in en ver­hit tot deur­warm. Skep die vark te­rug in die pan, voeg die klap­per­room by en laat prut. Kook dan oor lae hit­te tot die vark en bot­ter­skor­sie gaar en geu­rig is. 4 Roer laas­tens die kol­jan­der, ba­si­lie en spi­na­sie by en geur met die lem­me­tjie­sap. Roer tot net ver­welk. Geur na smaak met sout en pe­per en sit voor met die don­si­ge ge­stoom­de jas­myn­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.