Plant van die maand S­tre­lit­zia

Met sy tref­fen­de blom en groot bla­re vang ’n s­tre­lit­zia al­tyd die oog! 104

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se

Dié in­heem­se plant is ’n ou be­ken­de in Suid-A­fri­kaan­se tui­ne. Sy oranje-en-blou blom­me her­in­ner aan die kop van ’n kraan­vo­ël, van­daar sy volks­naam, “kraan­vo­ël­blom”.

S­tre­lit­zi­as is op hul mooi­ste van die laat herfs tot vroeë so­mer en ver­skaf win­ter­kleur wan­neer die blom­me een na die an­der ver­skyn op lang, sterk ste­le wat bo die bla­re uit­groei. Die struik se grys­groen bla­re is heel­jaar mooi en is net so nut­tig in rang­skik­kings as die blom. Selfs net en­ke­le blom­me of bla­re in ’n groot glas­pot lyk prag­tig en hou lank in wa­ter!

Die im­mer­groen plant kom na­tuur­lik voor in die kus­ge­bie­de van die Oos-Kaap en K­waZu­luNa­tal, en aard ver­al goed in ryp­vrye tui­ne. Dit groei wel in de­le met lig­te tot ma­ti­ge ryp; plant dit dan op ’n be­skut­te plek.

Die plan­te hou van goed ge­drei­neer­de, kom­pos­ry­ke grond in vol­son of waar dit min­stens die helf­te van die dag son kry. Hoe meer son, hoe meer blom dit en hoe aan­trek­li­ker is die plant. Moe­nie dooie blom­kop­pe da­de­lik af­sny as dit klaar ge­blom het nie – dit gee in­te­res­san­te teks­tuur aan die tuin. Ná blom­tyd ver­an­der die steel se punt en blom­kelk in ska­ke­rings van salm­pienk tot vlam­rooi. Sny eers af wan­neer die blom bruin word.

Vol­was­se plan­te kan in die herfs ver­deel word, maar dit neem die plant ’n paar jaar om te her­stel en weer vol in die blom te wees. Tog is dit goed om ou­er plan­te te ver­klein en net­jies te maak, want dit raak met ver­loop van tyd on­net en on­aan­trek­lik. Dun die le­li­ke en ge­skeur­de bla­re uit en sny dooie bla­re ge­reeld af.

S­tre­lit­zi­as is droog­te­be­stand en het min wa­ter no­dig as dit eers ge­ves­tig is. Dit verg ook min on­der­houd.

Het jy ge­weet?

Daar is vyf S­tre­lit­zia-spe­sies in Suid-A­fri­ka, waar­van S. re­gi­nae die ge­wild­ste is. Die be­kend­ste kul­ti­var wat hier­van ge­kweek is, is S­tre­lit­zia re­gi­nae ‘Man­de­la’s Gold’ waar­van die kelk­bla­re ge­ler is as dié van die ge­wo­ne kraan­vo­ël­blom. Die an­der spe­sies is S. al­ba, S. cau­da­ta, S. ni­co­lai (die Na­tal­se wil­de­pie­sang, ’n groot tro­pie­se plant) en S. jun­cea, die bie­sie­kraan­vo­ël, met bla­re soos bie­sie­ag­ti­ge lo­te. S­tre­lit­zia re­gi­nae en S. jun­cea kan as pot­plan­te ge­kweek word – maak net se­ker die hou­er waar­in jy dit plant, is groot ge­noeg. Bron­ne Maak tuin saam met Keith Kir­sten deur Keith Kir­sten; Die Suid-A­fri­kaan­se Wat­ter blom is dit? deur K­ris­to Pie­naar; Cut Flo­wers of the Wor­ld deur Jo­han­nes Ma­ree en Ben-E­rik van Wyk; Re­a­der’s Di­ge­st A South A­fri­can Gar­den for All Se­a­sons met hoof­me­de­wer­ker Jen­ni­fer God­bold-Simp­son; De Krui­de­nier Eks­klu­sie­we Tui­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.