Wys met grys

Tuis - - LESERHUIS -

“Toe ek klaar was met die ont­werp van die huis, het ek ge­weet hout­skool­grys is al kleur wat ek wou ge­bruik,” sê Tra­cy. “Ons het in ’n huur­huis ge­bly waar als wit was en ek het dit ge­haat – dit was net te strak, son­der e­ni­ge warm­te. Grys is baie kal­me­rend; dis koel in die so­mer en om­arm jou in die win­ter. Ter­self­der­tyd het ek ook kleur­vol­le ar­ti­kels op vei­lings ge­koop, want grys was die per­fek­te ag­ter­grond daar­voor.” Selfs die pla­fon­ne is die­self­de hout­skool­grys as die mu­re ge­verf.

Met sul­ke hoë pla­fon­ne kom daar ge­woon­lik ’n paar uit­da­gings. Die mas­sie­we vo­lu­me van die leef­a­rea en sy groot mu­re het Tra­cy ’n ruk lank be­kom­mer. “Ons het ’n groot TV ge­ïn­stal­leer, maar dit het nog al­tyd ver­lo­re ge­raak in die ruim­te. Aan die woud se kant is daar mas­sie­we deu­re wat in die spou­mu­re weg­skuif vir vloei tus­sen bin­ne en bui­te. En al is ek dol oor plak­pa­pier, is dit nie die reg­te huis daar­voor nie – dit sou ho­pe­loos te kuns­ma­tig en ge­for­seerd lyk!

“Na­dat ek mooi daar­oor ge­dink het, het ek be­sluit op muur­kuns en be­gin soek na ie­mand wat my vi­sie tot sy reg sal laat kom. Die kuns­te­naar Oda Tun­god­den, ’n Noor­weeg­se stu­dent wat in Suid-A­fri­ka woon, was die per­fek­te keu­se. Haar prag­ti­ge or­ga­nie­se ont­werp kom­ple­men­teer die ruim­te per­fek. Sog­gens vroeg maak ons die deu­re in die leef­a­rea oop en die bin­ne­kant bly koel en knus. Na­ma­te die son oor­kom, stroom dit by die huis in, en dan lyk dit as­of die kleu­re teen die mu­re le­we kry!”

Die Malt­mans glo lig­ging en po­si­sie is al­ler­be­lang­rik. “Ons het so lank ge­soek na die reg­te plek vir ’n huis met hier­die ont­werp” sê Tra­cy. “Ek het al­reeds my vol­gen­de huis in my gees­tes­oog ont­werp, maar ek wag nog vir die reg­te erf!” >>

Die werk aan die bui­te­ruim­tes is nog on­af­ge­han­del. Die gras is dood weens die droog­te en die Malt­mans wil graag die oor­kant van die swem­bad te­ël – dalk iets in­te­res­sants met oor­groot pa­troon­te­ëls.

Die Hon­gaar­se Vi­zs­las Bel­la en Mol­ly in­spek­teer die swem­bad.

Die grys hort­jies aan die skuif­deu­re is pas­ge­maak. Hor­tjie-skuif­deu­re deur Alu Shop Ca­pe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.