Ge­stop­te vark­len­de met ta­ma­tie­rys

Vark­len­de is ’n heer­li­ke, ma­er roos­ter­stuk, per­fek om met ’n vulsel te ver­ryk. Maak dit ver­sig­tig gaar om te ver­se­ker die vleis is sap­pig en vol geur – en met ’n bros sool­tjie is dit ’n pronk­stuk.

Tuis - - KOS -

Ge­noeg vir 8 rys­bak­kies Be­rei­dings­tyd: 1 uur Gaar­maak­tyd: 1 uur en 40 mi­nu­te

• 1,5kg vark­len­de met die vel aan • 250ml bier, wit­wyn of af­trek­sel • 3 ryp a­vo­ka­do’s, ge­skil • suur­le­moen- of lem­me­tjie­sap • mi­kro­kol­jan­der om voor te sit VULSEL • so­wat 30ml a­vo­ka­do-o­lie • 400g ge­meng­de sam­pi­oe­ne, ge­kap • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap • 1 rooi brand­ris­sie, fyn­ge­kap • so­wat 2 wiele fe­ta­kaas, ge­krum­mel Ta­ma­tie­rys • 15ml a­vo­ka­do-o­lie • ½ ui • 2 vars ja­la­peño­ris­sies, ont­pit en fyn­ge­kap • ½ soet­ris­sie, ont­pit en fyn­ge­kap • 15ml ha­ris­sa-pas­ta (op­si­o­neel) • 250ml jas­myn­rys, af­ge­spoel • 500ml wa­ter • so­wat 500ml af­trek­sel • 3ml sout • 1 blik ta­ma­ties

1 Ge­bruik ’n skerp nuts­mes en maak in­sny­dings in die vark­vel, 1cm uit­me­kaar, son­der om deur die vet in die vleis te sny (of vra jou slag­ter om dit vir jou te doen). Giet kook­wa­ter oor die vel, drei­neer en druk droog met ’n va­doek (kom­buis­pa­pier kan vas­sit). Vryf mil­de­lik in met sout en pe­per en sit dit oop op ’n rak­kie in die ys­kas ter­wyl jy die vulsel be­rei. Die koue lug ont­wa­ter die vel en le­wer ’n bros­ser re­sul­taat.

2 Maak die vulsel Ver­hit die o­lie en braai die sam­pi­oe­ne tot goud­bruin en geu­rig. Roer die knof­fel en brand­ris­sie by en braai vir nog ’n mi­nuut. Ver­wy­der van die hit­te, geur met sout en pe­per en roer die fe­ta­kaas by. Skep uit en laat af­koel.

3 Voor­ver­hit die oond tot 160 °C. Sny nou met ’n skerp mes ’n ho­ri­son­ta­le gleuf in die dik deel van die vleis en skep die vulsel daar­in (ver­sprei dit met jou vin­gers in ’n e­we­re­di­ge laag). Sit die vleis op ’n draad­rak­kie in ’n oond­roos­ter­pan, giet die bier, wyn of af­trek­sel on­der­in en roos­ter vir

so­wat 1 uur en 30 mi­nu­te. Ska­kel nou die oond se roos­ter­e­le­ment aan en roos­ter die vleis ver­sig­tig al­kan­te tot­dat die sool­tjie op­ge­pof en bros is. Ska­kel die oond af en laat die vleis op ’n warm plek (in die lou­oond of on­der ’n foe­lie­tent) rus vir so­wat 20 mi­nu­te voor­dat jy dit sny.

4 Maak die rys Braai die ui in die o­lie in ’n skoon pan tot sag en glan­send. Roer die brand­ris­sie, die soet­ris­sie, ha­ris­sa en rys by en roer tot al die rys­kor­rels met die geu­ri­ge o­lie be­dek is. Voeg die vloei­stof, sout en ta­ma­ties by en bring tot kook­punt; ver­laag dan die hit­te en laat prut vir so­wat 20 mi­nu­te of tot al die vloei­stof ge­ab­sor­beer en die rys­kor­rels gaar is, maar nie pap nie. Ver­wy­der van die hit­te.

5 Om voor te sit Sny die a­vo­ka­do in dun sky­fies, drup suur­le­moen­sap oor en geur met sout en pe­per. Sny die vleis in sky­we en sit dit saam met die a­vo­ka­do voor op die rys in in­di­vi­du­e­le bak­kies, be­druip met vloei­stof uit die roos­ter­pan en ek­stra suur­le­moen­sap na smaak. Strooi die vars kruie oor.

Wenk Die geu­re in die bak­kie is reeds ryk en lek­ker, maar as die a­vo­ka­do nie ro­me­rig ge­noeg na jou sin is nie, skep ’n le­pel vol­room­jo­gurt of ma­yon­nai­se by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.