Hout­blok­kies

Tuis - - VLOERE -

An­ders as kon­tem­po­rê­re hout­plan­ke en vervaardigde vloe­re, is oor­spronk­li­ke blok­kies­vloe­re min­stens 15 mm dik; selfs baie ou hout­vloe­re is dus dik ge­noeg om ge­skuur en op­ge­knap te word, sê Joe Mk­ho­si van JM Floor­ing in Kaap­stad. “Ge­meet aan van­dag se stan­daar­de bied dit uit­ste­ken­de waar­de vir geld,” voeg hy by. ’n Nu­we vloer is ook ’n op­sie, maar die blok­kies of plan­ke is nie so dik nie, want dit word meest­al van vervaardigde hout ge­maak – en dit gaan jou baie uit die sak jaag.

HOE­KOM HOUT­BLOK­KIES? Dis veel­sy­dig en mak­lik om op te kik­ker met kon­tem­po­rê­re af­wer­kings soos ’n af­ge­wit­te voor­koms en an­der beit­se. Vir af­wis­se­ling kan dit in ’n vis­graat- of mand­jie­weef­pa­troon ge­lê word, of in ’n meer mo­der­ne sje­vron- of ses­hoek­pa­troon.

VOORDELE Met her­win­de blok­kies kry jy goeie waar­de vir jou geld – en dit sal ’n leef­tyd hou! Met ken­ners­hulp kan ’n ou vloer weer splin­ter­nuut lyk.

NA­DE­LE Om ’n be­ska­dig­de blok­kies­vloer te her­stel, sit nie in e­nig­een se broek nie; in on­er­va­re han­de kan jou vloer mak­lik ’n on­ge­ly­ke, on­oog­li­ke nag­mer­rie word. Vog kan pro­ble­me ver­oor­saak en vo­ri­ge be­sker­men­de lae moet deur ’n ken­ner on­der­soek word. Kry ook ken­ners­raad oor die kor­rek­te beits en ver­se­ë­laar. Wat twee­de­hand­se blok­kies be­tref, kom par­ty in kort leng­tes wat nie in el­ke de­kor­plan sal pas nie.

PRYS ’n Op­knap kan e­nig­iets van R190/m² tot R300/m² be­loop, ter­wyl pry­se vir ’n nu­we vloer by R600/m² be­gin >>

Je­an­ne en Con­rad Bo­tes van Kaap­stad het hul hout­blok­kies aan­lyn ge­koop by ver­skil­len­de ver­ko­pers; daar­om was die blok­kies nie i­den­ties nie. Die op­los­sing? Beits dit swart vir een­vor­mig­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.