Leiklip

Tuis - - VLOERE -

Baie van ons ont­hou die lei­klip­vloe­re uit ons kin­der­dae wat een­vou­dig son­der pa­troon ge­lê is. Nie al­mal hou daar­van nie, maar dit is steeds in baie hui­se te sien, ver­al op stoe­pe – en dis nou weer ge­wild! Van­dag kry jy leiklip hoof­saak­lik in te­ël­vorm van wis­se­len­de groot­tes, sê Ross His­lop van U­ni­on Ti­les.

HOE­KOM LEIKLIP? Dis ’n na­tuur­li­ke pro­duk wat ’n rus­tie­ke voor­koms skep; dis ook veel­sy­dig, want dit is in ver­skil­len­de kleu­re te kry. As jy ’n styl­stel­ling wil maak, pro­beer U­ni­on Ti­les se swart Bra­zi­li­an-te­ëls van 1 000 x 1 000 mm.

VOORDELE Leiklip is sterk en duur­saam, wat be­te­ken dit kan le­wens­lank hou. Dis ’n ge­wil­de keu­se vir vloe­re en mu­re bin­ne die huis, maar dit kan ook bui­te ge­bruik word.

NA­DE­LE Weens va­ri­a­sies in die dik­te en groot­te is dit nie mak­lik om leiklip te in­stal­leer nie; dit kan ook af­skil­fer en in la­gies splyt. Leiklip vra taam­lik baie on­der­houd, en dit moet ook met ’n ge­pas­te ver­se­ë­laar soos S.Q.T U­ni­on Se­a­ler ver­se­ël word.

PRYS R96–R690/m², af­han­gend van kleur en groot­te

Lei­klip­vloe­re skep ’n kon­tem­po­rê­re plaas­huis-voor­koms in Il­l­ze Mul­ler se huis op Her­berts­da­le. Haar bou­er het die vloe­re ja­re ge­le­de in­ge­sit en toe sy la­ter op­knap, het sy nog laat in­stal­leer vir een­vor­mig­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.