Ons droom­huis was die wag (en die suk­kel) werd!

Al was die pad na hul droom­huis lank, steil en vol kron­kels, sê dié paar­tjie dit was dub­bel en d­wars die moei­te werd!

Tuis - - CONTENTS - Deur F­rie­da le Roux Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

Toe Ar­no en Ge­ral­de­ne du P­les­sis ’n leë erf koop in Sun­rid­ge Park, Port E­li­za­beth – min­der as 1 km van die huis waar hul­le al 36 jaar lank dol­ge­luk­kig ge­woon het – was die plan dat hul­le bin­ne ’n jaar by hul “droom­huis” in­trek.

“Ons vo­ri­ge huis was nog­al ruim, met ’n groot tuin en uit­ge­strek­te gras­per­ke – en al die ken­mer­ke so eie aan ’n huis uit die tag­tigs. Maar met ver­loop van tyd het ons al hoe meer be­gin dink aan die voor­de­le van ’n bly­plek wat min­der on­der­houd verg; een wat ons kan ge­niet en waar­deer voor ons la­ter na die af­tree-oord hier na­by aan­be­weeg,” sê Ge­ral­de­ne.

In A­pril 2012 het hul­le op een van hul og­gend­stap­pies af­ge­kom op ’n oor­groei­de erf wat be­sig was om on­der­ver­deel te word. “Ons het gou-gou uit­ge­vind wie die ei­e­naar is en bin­ne ’n paar we­ke die tran­sak­sie be­klink,” ver­dui­de­lik sy.

Maar die paar­tjie het gou be­sef as hul­le dié bou­pro­jek wil oor­leef, is ge­duld die wag­woord! Bui­ten­dien moes hul­le wag dat die no­di­ge diens­te aan­ge­lê word voor hul­le oor­drag kon neem – en dít het am­per ’n jaar ge­neem.

In dié tyd het Ar­no en Ge­ral­de­ne ken­nis ge­maak met die ar­gi­tek Quins­ley Sa­le van Kiu Ar­chi­tec­tu­re, ’n ge­reel­de be­soe­ker aan die kof­fie­win­kel waar hul­le ook graag kui­er. “Ons het hom ver­tel van ons ver­wag­tin­ge en be­gro­ting, en hom op­drag ge­gee om met die ont­werp te be­gin,” ver­dui­de­lik Ar­no. “Toe hy sy eer­ste po­ging vir ons wys, was dit ’n ab­so­lu­te tref­fer. Ons het hom daar en dan ge­vra om voort te gaan met die de­tail-werk en ’n ge­skik­te bou­er te vind.” ’n Ge­deel­te­lik oor­dek­te stoep (bo) kyk uit op die voor­tuin en swem­bad. Die huis se ont­werp maak voor­sie­ning vir son­krag­pa­ne­le – die he­le plek sal kort voor lank on­af­hank­lik van mu­ni­si­pa­le krag en wa­ter wees.

WIE WOON HIER? Ar­no en Ge­ral­de­ne du P­les­sis WAAR Port E­li­za­beth GROOTTE 350 m²

Die ar­gi­tek Quins­ley Sa­le se vi­sie was ’n een­vou­di­ge oop­plan-uit­leg met goeie pro­por­sie en puik af­wer­king. “Ek wou ’n ruim­te ont­werp wat warm en e­le­gant sou wees, maar steeds ’n in­dus­tri­ë­le ge­voel het. Dié be­na­de­ring het ek met die ar­gi­tek­tuur én die...

Ge­ral­de­ne en Ar­no du P­les­sis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.