’n E­klek­tie­se styl

Tuis - - LESERHUIS -

In Di­a­na se huis sal jy nie som­mer iets kry wat on­langs ge­koop is nie. Sy het ver­kies om dit in te rig met ge­lief­de ar­ti­kels uit die tal­le hui­se waar­in sy voor­heen ge­woon het. “Trou­ens, ek kan nie ont­hou wan­neer laas ek win­kel toe ge­gaan het om meu­bels of de­korar­ti­kels te koop nie!” sê sy lag­gend. “Ek hou van die be­kend­heid en die ge­mak wat dié din­ge in­hou; daar­om maak ek se­ker al my ‘ou vrien­de’ het ’n plek in dié huis.”

Di­a­na het ook heel­wat erf­goed, on­der meer ’n paar an­tie­ke B­re­ton-stuk­ke wat ryk­lik ver­sier is met kerf­werk – som­mi­ge van hul­le het al in 1850 per skip saam met haar ou­pa­groot­jie na Suid-A­fri­ka ge­kom. Daar is ook ou ei­ke­hout­meu­bels van haar man se fa­mi­lie in Nor­folk.

Ter­wyl sy haar huis ont­werp het, het sy sorg­vul­dig be­plan waar elk­een van dié kos­baar­he­de moet kom en elk­een het nou ’n e­re­plek. In die leef­ver­tek het Di­a­na by­voor­beeld nis­se laat in­bou waar sy haar guns­te­ling­boe­ke en kuns­wer­ke uit­stal. El­ke meu­bel­stuk het ’n doel en daar is niks “ek­stra” in haar de­kor nie – al­les is prak­ties dog ro­man­ties, baie soos die ont­werp van dié be­son­der­se huis.

“Noem my styl maar e­klek­ties. Dis een­vou­dig ’n ver­sa­me­ling goed waar­voor ek lief is – al­les werk dalk nie goed saam nie, maar hul­le hoort by­me­kaar!”

In die hoof­slaap­ka­mer vorm ’n ki­mo­no wat Di­a­na by haar oor­groot­tan­te ge­ërf het, ’n lief­li­ke fo­kus­punt in die in­ham ag­ter die bed. Lamp van Nos­tal­gia

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.