#4 WIE WOON HIER?

Tuis - - KOMBUISE -

Fe­li­cia en Da­nie Kot­ze en hul kleu­ter, Joe (2) WAAR Dur­ban­vil­le GROOTTE 24 m²

Be­knop, don­ker en ou­tyds!” Dis hoe die Kot­zes praat van die oor­spronk­li­ke kom­buis in hul huis in Dur­ban­vil­le, wat hul­le in 2016 ge­koop het. Die paar­tjie dink een­ders oor baie sa­ke – al­bei het ge­droom van ’n ruim, styl­vol­le kom­buis, en dié op­knap was heel bo-aan hul doen­lys.

Fe­li­cia en Da­nie het ’n knap be­gro­ting ge­had en wou die mees­te van die werk self doen; ge­luk­kig be­sit Da­nie sy eie bou­fir­ma en staan sy han­de vir niks ver­keerd nie.

Die eer­ste stap was om ’n muur tus­sen die ou was­ka­mer en kom­buis uit te breek so­dat dit een oop­plan­ruim­te kon wees. “Da­nie het dit self ge­doen voor ons in­ge­trek het,” sê Fe­li­cia. “Die kom­buis was so te sê on­bruik­baar, daar­om moes ons die woon­stel­le­tjie se kom­buis ty­dens die op­knap ge­bruik – dit kan nog­al lol met ’n drie we­ke oue ba­ba!”

Maar dit was ge­wis die moei­te werd: Ne­ge maan­de la­ter is die twee don­ker ver­trek­kies om­skep in ’n lig­te, lug­ti­ge kom­buis. “Ons nu­we oop­plan­kom­buis ska­kel met die leef- en eet­ge­deel­te en hel­der som­mer die he­le ruim­te op,” sê Fe­li­cia. >>

In die op­was­ka­mer is die­self­de blou pa­troon­te­ëls as in die kom­buis vir die spat­pa­neel ge­bruik. Te­ëls van CTM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.