‘Dit voel soos ons’

Tuis - - KOMBUISE -

Na­dat die paar­tjie be­sef het die kwo­ta­sies wat hul­le aan­ge­vra het, is bo hul vuur­maak­plek, het hul­le be­sluit om maar self in te spring. Her­bert het die ou kas­te, No­vi­lon­vloe­re en muur­te­ëls ver­wy­der – dit het hom twee we­ke ge­neem. Hul­le het ook die mu­re af­ge­vlak en ge­verf, en Her­bert het ge­te­ël tot waar die nu­we kas­te moet kom.

“Ek het vier lae verf van die oor­spronk­li­ke O­re­gon­den­ne­hout-ko­sy­ne ge­stroop,” ont­hou Mar­le­ne. “Daar was heel­wat tra­ne ty­dens die pro­ses, maar won­der bo won­der het ons dit reg­ge­kry om deur te druk!”

Dees­dae is daar goeie vloei in die kom­buis. Dit voel reg­tig soos ons,” sê sy. “Dis prag­tig, funk­si­o­neel en knus.”

In No­vem­ber 2014, na­dat al die groot op­knap­werk vol­tooi is, kon hul­le uit­ein­de­lik hul be­sit­tings in­bring; hul­le het toe ook ’n hond­jie, Lu­ka, ge­kry. Kort daar­na het Mar­le­ne uit­ge­vind sy is swan­ger met ’n twee­ling! “Die op­knap was ’n ver­ry­ken­de er­va­ring met baie tra­ne, lag, sweet en rug­pyn – maar ons ver­ruil dit vir niks.”

Die bin­ne­braai net langs die kom­buis was ’n ge­skenk van Mar­le­ne se broer. Her­bert moes ’n plan be­dink om dit te in­stal­leer in ’n o­pe­ning wat eers ’n kas vir pot­te en pan­ne was. Hul­le het die hout­balk bo die kag­gel by ’n skroot­werf ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.