’N NU­WE KOM­BUIS, MET T­J­HO­KO PAINT!

Moeg vir jou ou kom­buis­te­ëls en af­ge­leef­de me­la­mien­kas­te? Met T­j­ho­ko Paint ruk jy dit som­mer gou-gou reg.

Tuis - - TJHOKO PAINT PROMOSIE -

1 Verf jou te­ëls...

Vee die te­ëls skoon met ’n lap ge­doop in verf­ver­dun­ner, en laat dit goed droog word – wag min­stens 20 mi­nu­te. Mas­keer al­le de­le wat jy nie wil verf nie. Wend nou die verf in die ba­sis­kleur aan met ’n 160 mm-spons­rol­ler. Maak se­ker die verf is e­ga­lig ver­sprei en wag weer 20 mi­nu­te voor jy ’n twee­de laag aan­wend.

Kies ’n sten­sil met ’n ge­skik­te ont­werp; wend dan die ak­sent­kleur(e) oor die sten­sil aan met ’n skoon spons­rol­ler. Jou rol­ler moet taam­lik droog wees – dit sal keer dat verf on­der die sten­sil in­loop. Wenk Plak die sten­sil vas met mas­keer­band, maar nie op pas ge­verf­de te­ëls nie; van die vars verf kan af­kom wan­neer jy die mas­keer­band af­trek.

Wag so­wat 4 uur na­dat jy ge­verf het voor jy die op­per­vlak se­ël met C­le­ar Gla­ze (ver­dun 100 ml C­le­ar Gla­ze met 30 ml wa­ter). Wend aan met ’n skoon, kleur­lo­se klam lap. Vee e­ga­lig oor die ge­verf­de te­ëls – dit maak die op­per­vlak wa­ter­be­stand en mak­lik om skoon te vee met ’n klam lap. Wenk Moet nooit am­mo­ni­ak­pro­duk­te ge­bruik om ge­verf­de op­per­vlak­ke skoon te maak nie.

2 ... en dan jou me­la­mien­kas­te

• Volg die eer­ste drie stap­pe hier­bo. • Verf nou die sier­stuk­ke wat jy wil aan­bring in die­self­de kleur; laat goed droog word en plak dit dan in po­si­sie vas met ’n sterk gom soos Al­co­lin Su­per Glue.

Wag dat die gom droog word en wend ’n ak­sent­kleur op klein a­re­as rond­om die sier­stuk aan met ’n kuns­te­naars­kwas. Neem ’n klam lap en maak sir­kel­be­we­gings oor die ge­verf­de a­re­as om die verf met die ag­ter­grond te ska­keer. So vorm die sier­stuk ’n een­heid met sy ba­sis.

Wag weer so­wat 4 uur na­dat jy ge­verf het voor jy die kas­op­per­vlak­ke met C­le­ar Gla­ze se­ël (ver­dun soos bo).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.