Wat­ter kleur vir my muur?

Tuis - - RAAD -

Danél de Vil­liers van Wal­ker­vil­le, Gau­teng, vra Ons is be­sig om huis te bou en wil graag ons sol­der­ver­trek wit verf soos die een op bl. 57 van die Mei 2018-uit­ga­we. Ons het wit verf ge­koop, maar dit ver­toon am­per lig­blou. Wat­ter kleur het die huis­ei­e­naars ge­bruik? Ons soek iets so neu­traal moont­lik so­dat kuns en an­der i­tems mooi daar­teen kan ver­toon.

Jen­ny Col­lins van Red Cat De­sign, wat dié ka­mer ont­werp het,

ant­woord Die kleur is ’n stan­daard­wit van Mi­das. As jy op soek is na ’n naas­wit met ’n warm on­der­toon, kan jy E­ve­ning Mist van Plas­con (dit het ’n geel on­der­toon) of Na­tu­ral Tau­pe van Du­lux (met ’n warm rooi on­der­toon) pro­beer. Plas­ter van Plas­con, Pot­ters Clay van Du­lux en Ma­lu­ti uit Du­ram se Eye for Co­lour­ver­sa­me­ling het weer ’n warm grys on­der­toon.

Dit hang na­tuur­lik ook af wat­ter soort lig daar in jou sol­der is; verf lie­wer toets­blok­ke van 1 x 1m teen die muur om te sien hoe die verf lyk in die be­paal­de lig wat die ruim­te kry. Die tyd van die dag gaan ook be­paal hoe die verf­kleur ver­toon. >>

KON­TAK re­d­cat­de­sign.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.