My kom­buis se kroon

Tuis - - RAAD -

Jo­an­ne Gouws van Rie­beek-Wes skryf

Ek het my kom­buis en eet­ka­mer oor­ge­doen en wil ook die ou, on­oog­li­ke kroon­lys­te ver­vang om die prent­jie te vol­tooi. Is dit iets wat ek self kan doen, of het ek pro­fes­si­o­ne­le hulp no­dig?

Co­bus Lou­rens van Swart­land ant­woord Nu­we kroon­lys­te kan ’n groot ver­skil aan jou huis se bin­ne­ruim­tes maak. In die ver­le­de moes jy kroon­lys­te deur ken­ners laat in­stal­leer, maar met die lig­ge­wig-kroon­lys­te van po­lis­ti­reen wat Swart­land ver­vaar­dig, is dit ’n vin­ni­ge en mak­li­ke taak – jy meet, saag en plak net.

Jy sal die vol­gen­de no­dig hê:

• kroon­lys­te in die styl van jou keu­se • a­kriel-kleef­mid­del vir kroon­lys­te • spons of skoon lap • kal­faat­pis­tool • ver­stek­bak • kryt of pot­lood • stop­verf­mes • ’n baie fyn saag • ek­stra­fyn skuur­pa­pier • leer

Meet eer­stens die mu­re om te be­paal wat­ter leng­te jou kroon­lys­te ge­saag moet word. Ons s’n kom in stan­daard­leng­tes van 2 m. Voeg 10% tot 15% by die to­ta­le leng­te om voor­sie­ning te maak vir af­val wan­neer dit by saag kom. Skuif al jou meu­bels uit die pad en be­dek dit met ou la­kens om dit te be­skerm. Maak se­ker die mu­re en pla­fon is skoon en heel­te­mal droog voor jy be­gin.

1 Neem ’n af­val­stuk­kie kroon­lys en merk waar dit die muur en die pla­fon ont­moet. Ge­bruik dan ’n wa­ter­pas of la­ser-wa­ter­pas en trek ’n reg­uit lyn teen die muur. As jou pla­fon of muur nie per­fek reg­uit is nie, trek die lyn so na moont­lik aan die bo­kant van die muur. Jy kan dan die kroon­lys op die reg­uit lyn in­stal­leer en e­ni­ge ga­pings teen die pla­fon met kleef­mid­del vul.

2 Saag al die no­di­ge leng­tes en saag die hoe­ke met be­hulp van die ver­stek­bak. Ge­bruik die kal­faat­pis­tool en spuit een lang streep kleef­mid­del aan die bo- en on­der­rand van die lys, as­ook op die en­te waar lys­te by­me­kaar­kom. Po­si­si­o­neer die lys waar die muur en pla­fon ont­moet en hou vas tot die gom droog is. Vir lan­ger stuk­ke sal jy dalk hulp no­dig hê om die lys vas te hou, maar as jy al­leen werk, kan jy mas­keer­band ge­bruik om el­ke lys in po­si­sie te plak.

3 Vee e­ni­ge oor­tol­li­ge kleef­mid­del van die ran­de of las­se af met ’n klam spons of lap. Nou­dat al die lys­te vas­ge­plak is, sal jy kan sien of daar e­ni­ge ga­pings is. Spuit kleef­mid­del in die ga­pings en vee e­ni­ge oor­skiet met jou vin­ger of ’n stop­verf­mes af. As die af­wer­king grof lyk wan­neer dit droog is, kan jy dit lig­gies skuur.

4 Wag tot die kleef­mid­del heel­te­mal droog is voor jy verf. Jy kan a­kriel­verf of op­los­mid­del­vrye e­mal­je­verf met ’n wa­ter­ba­sis ge­bruik.

KON­TAK swart­land.co.za >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.