Bak vir Buks

Tuis - - RAAD -

Lay­la Toom­ey van Kaap­stad skryf Ek was dol oor die re­sep vir die kou­hap­pies wat jul­le in die Ok­to­ber 2017-uit­ga­we ge­wys het! Het jul­le nog sul­ke re­sep­te?

Il­ze Fou­rie van Ro­gue’s Paw­so­me Ba­ke­ry ant­woord My hon­de is net so dol oor daar­die hap­pies. Die vol­gen­de re­sep be­vat ook klap­per­o­lie, maar dié keer ge­kom­bi­neer met rooi­bos – dit werk baie goed saam!

Be­stand­de­le

• 500g vol­ko­ring­meel • 1 ei­er • 2 eet­le­pels klap­per­o­lie (op­ge­los in ’n bie­tjie warm wa­ter) • 2 rooi­bos-tee­sak­kies (in 200ml warm wa­ter ge­brou)

Me­to­de

1 Meng die vol­ko­ring­meel, ei­er en klap­per­o­lie.

2 Voeg die rooi­bos­tee sta­dig by die deeg; die deeg moet ferm ge­noeg wees dat jy dit kan uit­rol.

3 Rol die deeg so­wat 0,5 cm dik uit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak. Ge­bruik ’n been­vor­mi­ge koe­kie­druk­ker en druk vorms uit die deeg.

4 Bak teen 180 °C vir so­wat 20 mi­nu­te; as dit nie droog ge­noeg is nie, bak vir nog 30 mi­nu­te teen 100 °C.

Ont­hou Die hap­pies be­vat geen pre­ser­veer­mid­dels nie; bê­re dit liefs in die ys­kas of vries­kas.

KON­TAK ro­gue­spaw­so­me­ba­ke­ry.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.