Ken jou in­drin­gers

Tuis - - BOME -

Boe­re­turks­vy (O­pun­tia fi­cus-in­di­ca)

Dié vet­plant­ag­ti­ge struik kan tot 3 m hoog groei en ont­wik­kel ’n ste­wi­ge stam na­ma­te dit ont­wik­kel, met af­ge­plat­te grys­groen blaar­ag­ti­ge ste­le wat óf kaal óf oor­trek met ste­kels kan wees. Dit dra van Ok­to­ber tot De­sem­ber spog­ge­ri­ge geel of o­ran­je blom­me en eet­ba­re vrug­te wat be­dek is met klein do­rin­kies; die vrug­te is aan­vank­lik ge­le­rig en ver­kleur dan rooi. In­drin­ger­sta­tus Dis ’n ka­te­go­rie 1b-in­drin­ger, wat be­te­ken jy moet dit van jou erf ver­wy­der om ver­vol­ging vry te spring. Hoe­kom is dit ’n pro­bleem? Dié plant, oor­spronk­lik van Mex­i­ko, ver­dring en ver­vang in­heem­se spe­sies en is ’n pro­bleem oor die he­le land. Dit kan dig­te in­fes­ta­sies vorm wat be­wa­rings- en land­bou­grond be­dreig. Die vrug­te kan ve­lir­ri­ta­sie ver­oor­saak. KON­TAK in­va­si­ves.org.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.