Roos­ta­ke vir el­ke streek dié maand

Tuis - - BOME -

So­mer­re­ën­streek As jy nog nie ge­snoei het nie, is daar nou nog tyd. Maak se­ker jou hoog­stam­ro­se is nie te styf vas­ge­bind nie. Maak een keer ’n week nat, maar strooi eers ’n dek­laag wan­neer die grond war­mer is. Deur­drenk met Koi­nor vir lang­ter­myn-in­sek­be­stry­ding.

Win­ter­re­ën­streek As wa­ter skaars is, s­noei eers mid­del Au­gus­tus. So­dra jy s­noei, soek die ro­se wa­ter by hul wor­tels. Au­gus­tus is ’n goeie tyd om rank­ro­se te s­noei, op te lei en weer vas te maak – ver­wy­der ook ou, dooie ste­le. As jy vroeg ge­snoei het en die ro­se loop uit, spuit Chro­nos ge­meng met Lud­wig’s In­sect S­pray of Ro­se Pro­tec­tor teen dons­skim­mel en swart­vlek. Deur­drenk die grond met Koi­nor vir lang­ter­myn-in­sek­be­stry­ding. Maak se­ker hoog­stam­ro­se in win­de­ri­ge stre­ke is ste­wig vas­ge­maak.

La­e­veld en K­waZu­lu-Na­tal­se kus Ro­se moet nou mooi uit­loop en groei. Maak een keer ’n week nat en be­mes met Vi­goro­sa of die sta­dig­vry­stel­len­de Vi­go­lon­ger. Sou die weer warm en be­dom­pig wees, be­skerm ro­se met Chro­nos of Ro­se Pro­tec­tor teen dons­skim­mel en swart­vlek. Vir lang­ter­myn-plaag­be­stry­ding, deur­drenk die grond rond­om el­ke roos met Koi­nor. Strooi ’n dek­laag oor roos­bed­dings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.