Bees­stert-en­ta­ma­tie­sous

Tuis - - LANGSAAM -

Met pas­ta kan jy el­ke drup­pel van dié ryk sous be­nut en die vleis rek om meer men­se kos te gee, maar jy kan dit ook met ro­me­ri­ge po­len­ta voor­sit.

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 4 uur 30 min­tue Oond­tem­pe­ra­tuur: 160 °C

• 1kg bes­stert

• 45ml meel

• 3ml elk ko­myn en kol­jan­der

• 15ml o­lyf­o­lie

• 1 ui, ge­kap

• 2 sel­de­ry­stin­gels, ge­kap

• 2 wor­tels, ge­skil en ge­kap

• 1 brand­ris­sie, ge­kap

• 3 knof­fel­hui­sies, ge­kap

• 125ml rooi­wyn

• 1 stuk ster­a­nys

• 1 bot­tel (690g) pas­sa­ta (I­ta­li­aan­se ta­ma­tie­sous)

• 250ml bees­vleis­af­trek­sel

• 1 bou­quet gar­ni

• ba­si­lie­blaar­tjies en par­me­saan as gar­ne­ring

• p­ap­par­del­le­pas­ta, ge­kook tot al den­te

1 Voor­ver­hit die oond. Rol die vleis in die meel en spe­se­rye. Ver­hit ’n groot oond­vas­te pot tot lek­ker warm, giet die o­lie daar­in en braai die vleis in sar­sies tot bruin. Moe­nie te haas­tig wees met dié stap nie – die goed ge­ka­ra­mel­li­seer­de vleis gee baie geur aan die eind­pro­duk.

2 So­dra al die vleis mooi bruin is, braai die ui, sel­de­ry, wor­tels, brand­ris­sie en knof­fel saam in die­self­de pot tot mooi glan­send. Voeg die wyn en ster­a­nys by die groen­te en kook tot met die helf­te in­ge­damp. Skraap e­ni­ge deel­tjies wat aan die bo­dem kleef los. Skep die vleis te­rug in die pot en voeg die pas­sa­ta, af­trek­sel en bou­quet gar­ni by. Geur met sout en pe­per, be­dek met ’n styf­pas­sen­de dek­sel en sit in die oond vir so­wat 3–4 uur of tot die vleis murg­sag is en van die been af­val.

3 Ver­wy­der die bou­quet gar­ni, proe weer vir sout en pe­per en sit voor met die pas­ta.

Wenk vir voor­sit Die ge­heim van ’n ou­ten­tiek I­ta­li­aan­se bord pas­ta? ’n Bie­tjie van die wa­ter waar­in die pas­ta ge­kook is. Só maak jy: Skep ’n por­sie van die vleis­sous in ’n warm pan. Skep nou ’n por­sie van die al den­te p­ap­par­del­le met ’n tang uit die pas­ta­wa­ter en voeg dit som­mer so nat-nat by die pan; skud om die twee goed te laat maats maak. Keer uit in ’n diep pas­ta­bord, strooi ba­si­lie oor en smul!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.