K­le­we­ri­ge var­klies­hap­pies

Tuis - - LANGSAAM -

Dié re­sep kom­bi­neer twee gaar­maak­me­to­des vir die lief­lik­ste geur. Kies ’n stuk lies wat meer vleis as vet het en maak ’n draai by die Oos­ter­se su­per­mark vir die C­hi­ne­se braai­sous – ons het C­har Si­u­s­ous ge­bruik.

Ge­noeg vir 4 por­sies Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te, plus af­koel­tyd Gaar­maak­tyd: 2 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180°C

• 800g been­lo­se var­klies, vel ver­wy­der • 15ml C­hi­ne­se 5-speserymengsel • so­wat 15ml o­lie • 100ml sui­ker • 100ml kook­wa­ter • 45ml C­har Siu-braai­sous • ge­kap­te spriet­uie en brand­ris­sie

1 Voor­ver­hit die oond. Vryf die vleis goed in met die spe­se­rye. Sit dit in ’n oond­pan en maak dig toe met foe­lie. Roos­ter vir so­wat 1½ uur. Sit die oond af en laat die vleis in die oond af­koel tot han­teer­baar. Sny die vleis met ’n skerp mes in hap­pie­groot blok­kies.

2 Ver­hit die o­lie in ’n pan (ont­hou, die vark is ook vet­te­rig) en braai die hap­pies tot bros o­ral­oor. Skep uit en giet die sui­ker en wa­ter in die pan. Roer tot al die sui­ker op­ge­los is en bring dan tot kook­punt. Kook tot die sui­ker ge­ka­ra­mel­li­seer is en die kleur van heu­ning het.

3 Voeg die C­har Siu-sous by die ka­ra­mel, skep die bros hap­pies vark daar­in – ver­sig­tig, dit kan spat – en roer­braai tot die blok­kies o­ral­oor stro­pe­rig en blink is. Strooi ge­kap­te spriet­uie en brand­ris­sie oor en sit voor met k­le­we­ri­ge rys en oor­nag-kool­slaai (re­sep on­der).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.