Huis van vas­ge­stamp­te grond

Dié huis van vas­ge­stamp­te grond het die per­fek­te kom­bi­na­sie van duur­saam­heid en rus­tie­ke sjar­me.

Tuis - - CONTENTS - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s El­sa Young/Frank Fe­a­tu­res

Dank­sy haar werk as in­te­ri­eur ont­wer­per vir sa­fa­ri-lod­ges het Dar­ryl F­ree­man die mooi­ste de­le van A­fri­ka ge­sien.

Sy het ’n af­ge­son­der­de erf langs die T­ha­ma­la­ka­ne-ri­vier aan die bui­te­wy­ke van Maun in Botswa­na ge­had, en toe sy in 2012 moes be­sluit op ’n ont­werp vir haar eie huis, het Dar­ryl oor­ge­noeg in­spi­ra­sie ge­had. Dié pas­sie­vol­le om­ge­wing skun­di­ge het be­sluit op ’n struk­tuur van vas­ge­stamp­te grond om­dat die bou­ma­te­ri­aal ge­re­de­lik be­skik­baar is en die rus­tie­ke hui­se wat daar­mee ge­bou word duur­saam én mooi is. Die mu­re word ge­maak deur goed ge­sif­te grond (sand, gruis, klei en slik) in hout­be­kis­ting vas te stamp. So­dra die grond droog is, word die raam ver­wy­der. Die re­sul­taat is mu­re wat tref­fen­de ho­ri­son­ta­le grond­lae ver­toon. “My mu­re het die mooi­ste af­wer­king met ’n la­gie fyn gruis tus­sen la­gies fyn sand,” sê Dar­ryl. Tuis het in Sep­tem­ber 2015 ’n ge­bou ge­wys waar­van par­ty mu­re met vas­ge­stamp­te grond ge­bou is, en dit wil voor­kom of dié teg­niek sta­dig maar se­ker be­sig is om veld te wen – en dis geen won­der nie as jy al die voor­de­le in ag neem.

“Hui­se met grond­mu­re word ge­bou van mak­lik be­kom­ba­re ma­te­ri­aal; dié me­to­de het geen verf of an­der af­wer­kings no­dig nie, dis duur­saam en dank­sy die dik­te van die mu­re is die ge­bou koel in die so­mer en warm in die win­ter,” sê Paul Ma­rais, ’n ar­gi­tek wat in ge­boue van vas­ge­stamp­te grond spe­si­a­li­seer; hy het Dar­ryl se huis ont­werp en toe­sig ge­hou oor die bou van haar huis.

“Dit kan ’n kos­te­doel­tref­fen­de op­sie wees. Sul­ke hui­se verg ook min­der e­ner­gie vir die ver­kry­ging, ver­wer­king, ver­vaar­di­ging en le­we­ring van bou­ma­te­ri­aal as by tra­di­si­o­ne­le bou­me­to­des; ge­volg­lik dra dit ook veel min­der by tot kli­maats­ver­an­de­ring.”

Dar­ryl het drie jaar hier ge­woon, maar dees­dae ver­huur sy die huis op Ai­rbnb. Sy kom loer wel af en toe in. “Ek is dol oor die huis, en die om­ge­wing is beeld­skoon. Ek het al be­soek ge­kry van o­li­fan­te, see­koeie en kro­ko­dil­le, en daar is ook don­kies, bok­ke en koeie wat vry­e­lik hier rond­loop. Dis reg­tig baie spe­si­aal.” >>

Ek wou een­vou­di­ge, skoon ly­ne hê wat die aan­dag op die ru­we tek­s­tuur van die mu­re ves­tig. – Dar­ryl

Tus­sen vier mu­re

Dar­ryl, Paul en ’n span bou­ers het drie jaar aan die pro­jek ge­werk. Hul­le het ’n fon­da­ment van ge­wo­ne be­ton ge­kies, en al is dit al­ge­me­ne prak­tyk om die grond on­der so ’n ge­bou met gif te be­han­del teen ter­mie­te, het Dar­ryl be­sluit om ’n ge­gal­va­ni­seer­de staal­plaat tus­sen die fon­da­ment en die mu­re in te voeg as ver­sper­ring teen dié in­sek­te.

Om die 40 cm dik mu­re te bou is vrag­te fyn rooi gruis uit ’n steen­groef aan­ge­ry van To­teng, so­wat 30 mi­nu­te daar­van­daan. Dit is toe ge­meng met grond van die ter­rein self en ge­bind met kalk. To­teng se rooi sand gee die mu­re ’n pienk tint, ter­wyl die kalk die mu­re wa­ter­be­stand maak en keer dat die sand los­kom. Die mu­re verg geen ver­de­re be­han­de­ling nie.

Ou hout­hort­jies wat Dar­ryl op ’n fa­mi­lie­lid se werf op­ge­tel het, is her­ge­bruik vir die mu­re se be­kis­ting. Die bou­ers het self stam­pers ge­maak om die grond daar­in vas te stamp tot­dat dit goed ge­kom­pak­teer is. Na­dat die sand ge­set het, is die be­kis­ting ver­wy­der en her­ge­bruik vir die skuif­deu­re en die dak – in laas­ge­noem­de ge­val is dit oor­ge­trek met dik plas­tiek wat vir dam­wal­le ge­bruik word.

Die huis het 12 son­krag­pa­ne­le: vier vir e­lek­tri­si­teit en agt vir ’n pomp in die ri­vier wat die huis voor­sien van lo­pen­de wa­ter. >>

[V&A ] met die ar­gi­tek

Die ar­gi­tek Paul Ma­rais se ont­werp vir die huis het ’n A­fri­sam-SAIA-prys vir vol­hou­ba­re ar­gi­tek­tuur en in­no­ve­ring ver­werf. Is ’n ge­bou van vas­ge­stamp­te grond iets wat Jan Al­le­man kan aan­pak, en maak die lig­ging saak? E­nig­ie­mand kan so ’n struk­tuur op e­ni­ge plek bou. Die teg­niek word wê­reld­wyd, in nat én droë kli­ma­te, toe­ge­pas. In Je­men is daar ge­boue wat se­we ver­die­pings hoog staan en in C­hi­na is he­le dor­pe (to­lou) van vas­ge­stamp­te grond ge­bou. Al wat jy no­dig het, is goeie grond wat uit sand, gruis, klei en slik be­staan, en dié ma­te­ri­aal kry jy o­ral in die land. Wat is dit van vas­ge­stamp­te grond wat jou so fas­si­neer, en wat­ter an­der groen­bou­me­to­des is ’n twee­de kyk werd? ’n Muur van vas­ge­stamp­te grond is soos ’n mooi stuk hout – jy wil net daar­aan vat. Dit het ’n klein kool­stof­spoor, en met ’n goeie ont­werp kan sy ter­mie­se mas­sa die huis se bin­ne­kant ui­ters ge­mak­lik maak. An­der ma­te­ri­a­le om te oor­weeg is hout en bam­boes, hen­nep (vir sy uit­ste­ken­de i­so­la­sie-ei­en­skap­pe), hooi­ba­le en tra­di­si­o­ne­le strooi-en-kleis­te­ne. Hoe duur­saam is ’n huis van vas­ge­stamp­te grond? ’n Ge­bou van ge­sta­bi­li­seer­de ge­stamp­te grond sal ’n bak­steen­ge­bou oor­leef; trou­ens, van hier­die grond­ge­boue is meer as 6 000 jaar oud. Die mu­re is mooi en al is dit sag­ter as tra­di­si­o­ne­le pleis­ter, is dit hard ge­noeg om ’n duur­sa­me huis mee te bou. Die mu­re gee sel­de ’n stow­we­rig­heid af, maar as dit ge­beur, kan dit een­vou­dig ver­se­ël word. Wat is die uit­da­gings wan­neer jy ’n huis van vas­ge­stamp­te grond bou? Jy moet van meet af al­les ge­reed hê. Om­dat daar baie vak­man­ne be­trok­ke is by kon­ven­si­o­ne­le bak­steen­hui­se, kan klein fout­jies e­ni­ge tyd ge­du­ren­de die bou­pro­ses reg­ge­stel word. Grond­hui­se word op een slag klaar­ge­bou, wat e­ni­ge aan­pas­sings ag­ter­na moei­li­ker maak.

Ek wou die on­vol­maakt­he­de be­klem­toon deur ou meu­bels met mo­der­ne toe­be­ho­re te kom­bi­neer. – Dar­ryl

Een kant van die huis het hout­skuif­deu­re wat oop­maak op die braai­a­rea met ’n on­ge­rep­te uit­sig op die T­ha­ma­la­ka­ne-ri­vier daar na­by. Be­dags ver­skaf ka­meel­do­ring­bo­me lief­li­ke ska­du; lat­te-skerms rond­om die ba­sis van die huis hou slan­ge uit.

Die oop­plan­kom­buis is só ont­werp dat al die toe­rus­ting, be­hal­we die ys­kas, in die ei­land ge­huis­ves word. Die werk­blad is ge­maak van ou den­ne­hout-vloer­plan­ke en die kas­deu­re is so­lie­de hout wat met naas­wit ho­ë­glans-Du­co ge­spuit­verf is. Die voor­deur is ge­maak van staal­pla­te wat met fos­for­suur ver­ou­der is.

’n Ver­sa­me­ling hout­meu­bels, waar­on­der ’n tref­fen­de dog een­vou­di­ge he­mel­bed van Wey­landts, skep ’n rus­ti­ge, rus­tie­ke at­mos­feer in die hoof­slaap­ka­mer. Dar­ryl het die laai­kas by haar ou­ers ge­kry; sy het die verf af­ge­stroop vir dié ver­weer­de voor­koms.

Dis in die de­tail ’n Re­ën­ket­ting regs van die deur her­lei re­ën­wa­ter na die grag met ri­vier­wa­ter wat voor die huis ver­by­vloei. Dié wa­ter skep ook ’n na­tuur­li­ke ver­koe­lings­tel­sel: Die wind ver­voer koel lug boon­toe deur die lae ven­sters.

’n Een­vou­di­ge hout­ta­fel dien as was­bak­kas in die hoof­bad­ka­mer; die was­bak is ’n blikuit­stal­bak van Wey­landts.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.