Vrag­hou­er­huis

32 Op die plaas Pal­miet­vlei, tus­sen die blou­bes­sie­lan­de en met ’n uit­sig op die Mos­terts­hoek­berg, kan jy weel­de­rig kui­er in ’n vrag­hou­er­huis.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rie Op­per­man • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

S­tort on­der die ster­re, kyk hoe die son se laas­te stra­le die berg­pie­ke pienk ver­kleur, en ont­span met jou hond voor die kag­gel­vuur.

Dit al­les kan jy doen by Clai­re Di­cey se eko-huis van skeeps­vrag­hou­ers hier na­by Wol­se­ley in die Wes-Kaap.

“Ek hou die mees­te van die stoep, en die pier daar­voor wat ek en my man, Dun­can, self ge­bou het – dit loop uit op die dam. En na­tuur­lik die bui­te­stort!’’ sê Clai­re van dié weg­breek­plek wat hul­le in Ok­to­ber 2017 be­gin bou het. Dit was in Ja­nu­a­rie van­jaar klaar.

“Ons noem die huis FamTin, kort vir Fa­mi­ly Tin. Skeeps­vrag­hou­ers word mos van me­taal ge­maak en hier­die een is groot ge­noeg vir ’n he­le ge­sin.’’

Sy het nog al­tyd ge­hou van die ge­dag­te van ’n vrag­hou­er­huis. “Her­win­ning en her­ge­bruik is vir my baie be­lang­rik. Ek hou van die i­dee om nu­we le­we te gee aan ’n on­be­nut­te ding.” >>

Van hier is nie net ’n deel van die Wit­zen­ber­ge te sien nie, maar die he­le reeks, as­ook Mos­terts­hoek, die groot piek oor­kant die dam! – Clai­re

Die pro­ses

Die huis be­staan uit twee vrag­hou­ers sy aan sy, met ’n stoep voor.

Clai­re het baie na­vor­sing ge­doen voor­dat sy en Dun­can die pro­jek aan­ge­pak het. “Ons het op die in­ter­net af­ge­kom op men­se wat spe­si­a­li­seer in die om­bou van vrag­hou­ers in hui­se en het twee hou­ers deur hul­le be­stel. Die eer­ste bou­ers het in Ok­to­ber 2017 aan die werk ge­spring, maar ons paaie het ge­skei. ’n Bou­er van B­re­das­dorp, De­on Mor­kel, het toe die pro­jek vol­tooi. Ek het die ont­werp self ge­te­ken en De­on het daar­vol­gens ge­bou.

“Eers is die ba­sis waar­op die huis staan van bak­ste­ne ge­bou, so ook die stoep. Die vrag­hou­ers is per vrag­mo­tor af­ge­le­wer en met ’n hys­kraan op die ba­sis staan­ge­maak; toe het die swei­se­ry, skryn­werk en dak ge­volg.

“Aan die bin­ne­kant het ons die wan­de met Mag­naBo­ard ge­ï­so­leer en dit ge­verf. Bui­te het ons die voor­koms van die skeeps­vrag­hou­er be­hou so­dat ’n mens kan sien wat dit is.’’

Haar raad is: “Kies die maat­skap­py wat die om­bou­ing doen baie ver­sig­tig. Maak se­ker jul­le het die­self­de i­dee van wat kwa­li­teit-af­wer­kings is. En dat hul­le be­tyds kan klaar­maak. Nou­dat ons ie­mand het wat ons kan ver­trou, be­plan ons om vol­gen­de jaar nog sul­ke hui­sies te bou.’’

Deel van die plaas

Clai­re-hul­le woon nie op Pal­miet­vlei nie, maar op ’n plaas daar na­by. “Op Pal­miet­vlei is net FamTin en ’n an­der gas­te­huis, The Ri­vers­to­ne Hou­se, tus­sen die bes­sies en die peer­boor­de,” ver­dui­de­lik sy. “The Ri­vers­to­ne Hou­se bied slaap­plek vir ne­ge, maar as daar meer gas­te is, kan hul­le nou in FamTin oor­nag.” ’n Paad­jie lei van The Ri­vers­to­ne Hou­se na die B­re­ë­ri­vier.

Pal­miet­vlei is so­wat 80 hek­taar groot. Hier boer Dun­can met blou­bes­sies en Clai­re ver­sorg per­de, maar sy doen ook af­rig­ting en on­der­neem perdrys­a­fa­ri’s.

“Hier is 16 stal­le met 21 per­de. Ek rig el­ke dag ne­ge van hul­le af; die an­der is nog te jonk of al af­ge­tree. My on­der­ne­ming, E­quik­now, neem klan­te na Duits­land, Por­tu­gal en Ne­der­land vir per­de­ge leent­he­de, en ons gaan op sa­fa­ri’s na die O­ka­van­go.”

Ten ein­de dit so ge­mak­lik moont­lik te maak vir be­soe­kers, het Clai­re geen moei­te ont­sien nie.

“Ek hou van kre­a­tief wees en het baie pret ge­had met die bin­ne­ver­sie­ring. Ek pro­beer al­tyd kyk hoe­veel ek kan uit­rig met so min moont­lik; hoe goed jy iets kan laat lyk son­der om baie geld uit gee.

“E­nig­een kan slim wees met baie geld. Dis vir my op­win­dend om ar­ti­kels te her­ge­bruik met die hulp van plaas­li­ke vak­man­ne. Ek koop meu­bels by vei­lings en rom­mel­win­kels, en die tier­lan­tyn­tjies by kon­ven­si­o­ne­le winkels. Soms be­plan ek voor­uit hoe iets moet lyk, en an­der ke­re sit ek din­ge by­me­kaar en kyk hoe dit uit­werk.

“Ek laat my nie be­ïn­vloed deur gie­re nie en ge­bruik waar­van ek hou. Op die oom­blik is hel­der kleu­re soos geel en bruin-o­ran­je my guns­te­lin­ge.

“Die de­kor is lan­de­lik-sjiek. Want wan­neer ek daar in­stap, wil ek net ont­span.’’ >>

Clai­re het die ban­ke op die stoep op Wol­se­ley laat maak. “Die kof­fie­ta­fel het ons self ge­maak na­dat ’n ei­ke­boom op ’n fa­mi­lie­lid se plaas om­ge­val het. Ons het stom­pe van die boom ge­saag, ver­se­ël en rol­wie­le­tjies aan­ge­sit om die kof­fie­ta­fel, as­ook ’n paar kant­ta­fel­tjies te maak.” Die­self­de don­ker­blou verf, Res­plen­dent van Plas­con, is op die dak, voor op die stoep en op die ag­ter­ste muur ge­bruik.

VERSKAFFERS EN KONTAKTE Big­gie Best 021 534 8662, big­gie­be­st­webs­hop.co.za Bu­co 0861 174 273, bu­co.za Buil­ders 0860 284 533, buil­ders.co.za Chris­to Bo­tha 076 212 9969 Co­ri­craft 011 611 8700/ 021 508 5200, co­ri­craft.co.za De­on Mor­kel (bou­er) 073 368 8135 Eagle Lig­hting 021 424 4071, e­ag­le­lig­hting.co.za El­le In­te­ri­ors 021 873 3045 El­ma­rie’s Gor­dy­ne 023 313 3757 H&M Ho­me hm.com/za In­ta­ba En­vi­ron­men­tal Ser­vi­ces 087 943 4524, green­in­ta­ba.co.za I­tal­ti­le 0861 555 109, i­tal­ti­le.co.za Le C­reu­set 086 177 3321, le­creu­set.co.za Mi­li De­sign S­tu­dio 083 707 1216 Miss Lynn 021 447 3419, miss­lynn.co.za MRP Ho­me 0800 212 535, mrp­ho­me.com S­pa­ces 023 626 6670, spa­cesr62.co.za Su­pe­ri­or Ca­bi­net Com­po­nents 021 945 2400, su­pe­ri­orcc.co.za

The Fi­re­pla­ce Com­pa­ny 021 979 4894, the­fi­re­pla­ce­com­pa­ny.co.za Wool­wort­hs 0860 022 002, wool­wort­hs.co.za

S­kuur­deu­re voor die en sui­tes be­spaar heel­wat plek in die slaap­ka­mers.

DIE HUIS­EI­E­NAARS Clai­re en Dun­can Di­cey WAAR Wol­se­ley, Wes-Kaap GROOT­TE 96 m²

Die bui­te­stort aan die ag­ter­kant van die huis is een van Clai­re se guns­te­ling­ruim­tes, want dit het ’n uit­sig op die ber­ge en saans kan jy die hel­der ster­re sien. “De­on het die muur rond­om ge­bou en die vloer ge­pla­vei. Die kra­ne kom uit ’n ver­val­le huis op die plaas,” ver­tel sy.Hand­doek van MRP ho­me

Clai­re het self ge­help om die ter­rein vir die huis ge­reed te kry, hoe­wel sy hulp ge­had het met die aan­vank­li­ke be­plan­ning. “’n Ma­sjien­graaf was let­ter­lik op my hak­ke ter­wyl ek en ’n vrien­din kalk­stre­pe ge­verf het so­dat die o­pe­ra­teur ge­weet het waar om grond uit die skuins­te te skep en tot by die dam te neem.” In­ta­ba En­vi­ron­men­tal Ser­vi­ces het die veld­tuin rond­om die huis ont­werp.

Die he­le huis se vloer is ge­se­ël­de se­ment. “Nie ge­kleur nie, net ge­se­ël, pre­sies soos ek dit wou hê,’’ sê Clai­re. Geel beker van MRP Ho­me

Vloer­plan

S­pie­ël van El­le In­te­ri­ors S­pie­ël van Bu­co

Die twee­de slaap­ka­mer het twee en­kel­bed­dens wat teen me­kaar ge­skuif kan word. Die bed­kas­sies is ge­maak van die­self­de ei­ke­stom­pe as die kof­fie­ta­fel op die stoep. Dis met har­puis be­stryk vir ’n mooi blink af­wer­king. Bed­de­goed van Miss Lynn; kom­ber­sies van H&M Ho­me; skuur­deur ge­maak deur Chris­to Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.