Hout en klip was die per­fek­te kom­bi­na­sie vir ’n droom-plaas­huis

Kre­a­ti­wi­teit en ’n lief­de vir selfdoen is al wat Ru­di Oost­huy­se no­dig ge­had het om ’n e­ko­vrien­de­li­ke plaas­huis vir sy ge­sin te bou.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­ry­ke Ro­berts

Wan­neer jy uit die Van der S­tel-pas bui­te Bot­ri­vier met die kron­kel­paad­jie af­draai

na die fyn­bos­plaas van Ru­di en Ka­ren Oost­huy­se, is hul huis die eer­ste struk­tuur wat jy sien. En dit slaan be­hoor­lik jou a­sem weg.

Ge­bou uit klip wat op die plaas uit­ge­gra­we is en her­win­ba­re swart-, den­ne- en bloe­kom­hout, met reu­se­ven­sters wat uit­kyk oor die val­lei doer on­der, is die huis ge­heel en al Ru­di se han­de­werk.

“Ru­di is pa, en­tre­pre­neur en kre­a­tie­we den­ker,” som Ka­ren hom op. “Ek is weer ’n oe­fen­fa­na­ti­kus en kan glad nie met my han­de werk nie. Maar ek weet waar om wat te koop!”

Saam be­sit en be­stuur hul­le ’n berglod­ge en maak hul­le hul twee kin­ders na aan die na­tuur groot. “Ru­an is ’n reg­te die­re­fluis­te­raar, ter­wyl Kar­mi druk­kies uit­deel en dans dat die bie­sies be­we.”

Die Oost­huy­ses het in 2013 met die bou­werk aan hul eie bly­plek be­gin. “Ons het in Ju­nie daar­die jaar die bo­me ge­plant en die grond ge­lyk ge­maak, en in 2014 be­gin bou. Die ein­de van daar­die jaar kon ons in­trek.” >>

• Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster S­ti­le­ring Kim Bou­gaardt

Rond­om die huis is bo­me soos die A­me­ri­kaan­se moe­ras­si­pres (Taxo­di­um dis­ti­chum), fyn­blaar­olm (Ul­mus par­vi­fo­lia), wa­te­reik (Qu­er­cus ni­gra), moe­ras­eik (Qu­er­cus pa­lus­tris) en am­ber­bo­me (Li­quidam­bar sty­ra­cif­lua) ge­plant.

WIE WOON HIER? Ru­di en Ka­ren Oost­huy­se en hul kin­ders, Ru­an (6) en Kar­mi (4) WAAR Bot­ri­vier, Wes-Kaap GROOT­TE 412 m²

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.