Ver­blyf vir trou­gas­te ge­bou van leë wyn­bot­tels

Op T­se­ka­ma trou nie net paar­tjies nie, maar ook glas en se­ment – en bly vir e­wig saam.

Tuis - - CONTENTS - Deur Johlet­ta B­rits Fo­to’s El­za Cooper S­ti­le­ring A­man­da van Wyn­gaardt

’n Trou­e­ry is meest­al ’n glans­ry­ke af­fê­re waar die een heil­dronk ná die an­der ge­skink word.

Na­dat die gas­te ver­trek het en die ont­haal­plek op­ge­ruim is, ge­tuig die aan­tal leë bot­tels pre­sies hóé vro­lik die brui­lof was. Dis iets wat die Tur­veys van die trou­ve­nue T­se­ka­ma suid van die Wa­ter­berg maar al­te goed weet. En om­dat Ma­rin­da hou van “an­der­ste” hui­se (die Tur­veys se “Blik­huis” van vrag­hou­ers was juis in Sep­tem­ber 2017 se Tuis), het sy be­gin won­der oor die moont­lik­heid van huis bou met al die leë bot­tels.

“Ek wou iets bou met goed wat ’n mens ge­woon­lik weg­gooi,” ver­tel sy. ’n Kuns­ti­ge vriend, Eu­ge­ne Die­ner, het kans ge­sien vir eks­pe­ri­men­teer tot­dat hy ’n bou­teg­niek met glas­bot­tels ont­wik­kel en die agt­hoe­ki­ge huis vir haar ge­bou het.

Ma­rin­da sê wan­neer sy die bot­tel­hui­sie vir ’n wit­te­broods­paar­tjie aan­be­veel, is hul­le aan­vank­lik skep­ties. “Maar so­dra hul­le dit sien, is hul­le gaan­de daar­oor, ver­al om­dat dit so een­kant en pri­vaat is!”

Die bot­tel­huis ver­skaf ro­man­tie­se ver­blyf on­der die do­ring­bo­me – wat meer kan ’n pas­ge­trou­de paar­tjie vra? Die gras­dak-vleu­els is af­ge­wis­sel met ek­stra vleu­els van lat­te. “Dis som­mer vir die mooi­geid,” ver­dui­de­lik Ma­rin­da.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.