S­mul ge­rus aan dié blom­me!

Skep ’n fees op jou bord met die reg­te blom­me. Ons kyk wat jy kan plant én eet.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • S­ti­le­ring Me­lis­sa Rau­ten­bach

Wat is nou mooi­er as ’n slaai ver­sier met kap­per­tjies, of ys­blok­kies met ge­sig­gies daar­in? Met eet­ba­re blom­me het jy kleur en geur in jou tuin én op jou bord! Ons het gaan kers op­steek by Me­gan M­cCarthy, die tuin­bou­kun­di­ge ver­ant­woor­de­lik vir die groen­te­tuin op die plaas Boschen­dal bui­te Fransch­hoek.

“Van al die pro­duk­te wat ons hier op Boschen­dal kweek, bring eet­ba­re blom­me vir my die mees­te vreug­de. Dié blom­me, wat tus­sen die groen­te groei, is net so deel van Boschen­dal se ko­s­er­va­ring soos die res van die oes,” ver­tel sy.

Op Boschen­dal word ’n lang lys blom­me vir dié doel ge­plant. Hier is vier van Me­gan se guns­te­lin­ge, met raad hoe om dit self te kweek en te ge­bruik. Al­mal sal goed aard in die mees­te tui­ne reg oor die land. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.