Ag­ter­blad Ka­rin Bryn­ard ge­sels

Dis ’n vrees­li­ke ding om ga­de te slaan, ver­tel Ka­rin Bryn­ard, die ge­wis­se el­len­de waar­op ’n an­der man se aan­ko­pe in ’n har­de­wa­re­win­kel af­stuur.

Tuis - - CONTENTS -

DDit het jy nou van ’n dorp, dink ek toe ek weer vir Ma­nie in die har­de­wa­re­win­kel ge­waar. Jy loop tel­kens die­self­de men­se raak. Ek ken nie vir Ma­nie nie, maar ek sien hom ge­reeld hier. Van­dag staan hy langs ’n vrou – een­der­se ma­gies wat on­der een­der­se fliesjek­kers uit­bol. Sy noem hom “Pap­pie”. Hul­le kyk na staan­ders waar­oor jy nat was­goed kan hang om droog te raak. Moet my nie die goed se naam vra nie. Ek skat dié is net so lomp en kom­pleks en ob­ster­naat as die ding self.

Heel vroom en net­jies oop­ge­vou staan die de­mon­stra­sie­mo­del daar op die har­de­wa­re­win­kel se vloer, blom­mend van nut­tig­heid en ou­lik­geit. Dit slaan in ’n jap­trap op en vat jou he­le laai frok­kies en sok­kies, be­lo­we die aan­wy­sings op die boks, met nóg plek oor vir ’n he­le week se va­doe­ke. Ag­ter­na vou jy dit weer mooi­tjies op vir weg­bê­re in sy kom­pak­te doos.

Al­les leu­ens, na­tuur­lik. Eer­stens suk­kel jy jou blou om die ding aan­me­kaar­ge­sit te kry. Dit be­staan uit ver­skil­len­de pa­le en pen­ne en uit­steek­sels – bie­tjie soos ’n sa­tel­liet – wat in­me­kaar­haak en -s­ka­kel en -skroef om uit­ein­de­lik met sul­ke lang, uit­ge­strek­te arms jou was­goed te ont­vang. Maar jy moet fyn hang, die ding om­trent be­kruip. As jy een sok­kie dié kant van die hoof-as het, moet daar een an­der kant ook hang, liefs die­self­de soort. Vir ba­lans, sien, want an­ders tiep hy. En dan vou hy hom­self op. Of er­ger, hy buig. En dan kan jy hom net­so­wel weg­gooi. Hy staan nooit weer be­hoor­lik nie. Met die eer­ste nat pên­tie dop hy om. En jy kan maar ver­geet, jy kry hom nooit weer te­rug in daai boks nie. Ek hou a­sem op, want ek sien Ma­nie is lus vir die ding. “Bie­tjie in­ge­wik­keld, Pap­pie,” my­mer vrou­tjie, “dink jy nie?” Ma­nie is nie ’n man van baie woor­de nie, het ek al ge­leer hier in dié win­kel. En hy laat hom ook nie sê nie. Hy is, he­laas, ’n man. Hy vryf nog een keer oor sy maag en lig dan een van die ver­ra­der­li­ke bok­se van die rak af. Som­mer­so met die een hand. C­huck Nor­ris van die har­de­wa­re­win­kel.

Moe­nie, Ma­nie, wil ek be­noud roep. Ek het al rots­vas­te hu­we­li­ke sien knak on­der hier­die klas van ap­pa­ra­te. Op­slaan­was­goed­droog­maak­staan­ders. En op­vou­ba­re lang­been-lê­strand­stoe­le. Om van ’n tent nie te praat nie. Ek en my oor­le­de ge­lief­de het al hier­die din­ge be­proef en dik­wels diep be­ska­dig an­der­kant uit­ge­kom. Een aand in die Se­der­ber­ge, by­voor­beeld. Ons het ’n tent ge­leen, want ons is saam met ge­sou­te kam­peer­ders en wil nie soos sis­sies in die huur­hutjies gaan slaap nie. Maar ons doen al­les ver­keerd, be­gin­nen­de by éérs paar­tie hou, dan, in die don­ker, vir die eer­ste keer in ons le­we, ’n twee­man­ten­taf­fê­ring­te op­slaan. My ou lie­fie was ’n Hol­lan­der, lief vir Kaap­se wyn. Tien­dui­mig. En ná ’n paar wy­ne selfs méér so. Soek ook nie hulp of raad nie. Mee­taan al kap hy sy knie raak met die rub­ber­ha­mer waar­mee jy die pen­ne in­dryf. Ek wil help, maar hy ruk die ha­mer weg. Sy elm­boog tref die e­nig­ste tent­paal wat al staan. Hy kap die ding weer in, maar met so­veel woe­de dat die paal buig. Dan kry ons nie die pen­ne nie. “Pot­ver­dom­me!” roep hy uit, bla­meer my som­mer vir al­les. Óm ons het die mees­te ten­te al stil en don­ker ge­raak. Ek byt my tong en ons wroet soos mol­le in die don­ker ver­der. Maar ver­niet. Daar’s g’n pen te be­ken­ne nie. En toe be­gin dit re­ën. Eers sag­gies, en die Hol­lan­der ver­klaar sum­mier: “We ga ge­woon on­der het zeil lig­gen.” ’n Uur la­ter word ons wak­ker. Dry­wend op ’n dam. Op ons op­blaas­dub­bel­bed­ma­tras, ver­stren­geld in die wurg­greep van ’n pap tent. Die res van die nag sit ons in die kar en ba­klei. Lig­dag ver­trek ons huis toe. Daar­na het ons ve­le soort­ge­ly­ke be­soe­kin­ge van Sa­tan be­leef. Die groot troef was so ’n was­goed­staan­der­be­sig­heid. Die Hol­lie sê hy weet hoe, hy’t nie raad óf kom­men­ta­re no­dig nie, dan­kie. Ek sal jou die pyn­li­ke res van daar­die eks­pe­di­sie spaar, maar weet net dat daar uit­ein­de­lik ver­woed met ’n tien­pond­ha­mer te­ke­re ge­gaan is voor hy dit woes en wrok­kig in die vul­lis­drom pro­beer ver­nie­tig het. Ge­luk­kig kon ek keer voor hy die he­le spul aan die brand steek. Ek kyk na Ma­nie met sy boks by die kas­re­gis­ter. Hy haal sy kre­diet­kaart uit. Ag­ter hom staan ’n be­kom­mer­de tan­nie Ma­nie. Sy weet al, sien ek: Van hiér af loop haar dag net een rig­ting, en dis af­draand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.