Kof­fie­ka­pi­taal

Tuis - - CONTENTS -

Ni­co­la du Toit van Ge­or­ge skryf Ná ’n uit­mer­ge­len­de og­gend strom­pel ek siels­moeg by die kof­fie­win­kel op die hoek in – my splin­ter­nu­we Tuis van Ju­nie 2018 on­der die arm vas­ge­knyp teen die berg­wind wat daar bui­te woed. Ek be­stel teen my be­ter­we­te ’n kof­fie met kon­dens­melk (se­ker die swan­ger­skaps­hor­mo­ne) en be­gin gul­sig en uit­ge­hon­ger vir ’n weg­breek en sie­le­rus blaai en lees. Ek lag uit­bun­dig vir Wi­cus se re­dak­teurs­brief en voel hoe die frus­tra­sie en ir­ri­ta­sie uit my vloei. Na­ma­te ek deur die ar­ti­kels sweef (so voel dit vir my) be­gin my bloed­druk-, bloed­sui­ker- en kor­ti­sol­vlak­ke nor­ma­li­seer en kan ek my net ver­lus­tig in my guns­te­ling-la­fe­nis! Dan­kie, Tuis-span!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.