Die pro­ses

Tuis - - STAALRAAM -

Die huis be­staan uit twee vrag­hou­ers sy aan sy, met ’n stoep voor.

Clai­re het baie na­vor­sing ge­doen voor­dat sy en Dun­can die pro­jek aan­ge­pak het. “Ons het op die in­ter­net af­ge­kom op men­se wat spe­si­a­li­seer in die om­bou van vrag­hou­ers in hui­se, en het die vrag­hou­ers deur hul­le be­stel. Die eer­ste bou­ers het in Ok­to­ber 2017 aan die werk ge­spring, maar ons paaie het ge­skei. ’n Bou­er van B­re­das­dorp, De­on Mor­kel, het toe die pro­jek vol­tooi. Ek het die ont­werp self ge­te­ken en De­on het daar­vol­gens ge­bou.

“Eers is die ba­sis waar­op die huis staan van bak­ste­ne ge­bou, so ook die stoep. Toe is die vrag­hou­ers staan­ge­maak en het die swei­se­ry, skryn­werk en dak ge­volg.

“Aan die bin­ne­kant het ons die wan­de met Mag­na­bord ge­ï­so­leer en dit ge­verf. Bui­te het ons die voor­koms van die skeeps­vrag­hou­er be­hou. Ek wou dit nie weg­steek nie; ’n mens kan sien wat dit is.’’

Haar raad is: “Kies die maat­skap­py wat die om­bou­ing doen baie ver­sig­tig. Maak se­ker jul­le het die­self­de i­dee van wat kwa­li­teit-af­wer­kings is. En dat hul­le be­tyds kan klaar­maak. Nou­dat ons ie­mand het wat ons kan ver­trou, be­plan ons om vol­gen­de jaar nog sul­ke hui­sies te bou.’’ >>

So­me­w­he­re Bet­ween van Mi­das En­vi­ro­li­te

“Die hoof­raam om die huis be­staan uit I-bal­ke en pi­la­re wat in be­ton­ge­vul­de bak­steen­ba­sis­se be­ves­tig is. Die se­kon­dê­re raam, wat die eint­li­ke huis vorm, is van lig­te staal en glas wat in die hoof­raam van swaar staal pas,” ver­dui­de­lik Ne­al, die ar­gi­tek.“Die lig­te­staal­raam is met lig­te be­ton (’n kom­bi­na­sie van be­ton en her­win­de po­lis­ti­reen­bal­le­tjies) ge­vul, wat uit­ste­ken­de klank- en hit­te-i­so­la­sie ver­skaf. Die dak is aan die hoof­raam vas­ge­sit en skep as’t wa­re ’n ‘dak oor ’n dak’; dit sorg vir na­tuur­li­ke ven­ti­la­sie van e­ni­ge hit­te wat tus­sen die se­kon­dê­re en die hoof­dak op­bou.”Die huis het een keer­muur wat saam met die bad­ka­mer­muur op die on­der­ste vlak as sy­ver­span­ning dien en on­der­steu­ning aan die staal­struk­tuur bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.