Van droom tot doen

Tuis - - HOUT EN KLIP -

Die plaas waar­op die lod­ge ge­leë is, is fa­mi­lie­grond, en die Oost­huy­ses boer se­dert 1995 hier.

“Ons vo­ri­ge huis, ver­der op in die pas, was ’n huur­huis. Dit was oud­mo­dies en so don­ker,” ont­hou Ka­ren. Dit het die Oost­huy­ses laat be­sluit dat hul per­ma­nen­te huis oop en hel­der en deel van die om­ge­wing moet wees.

Die be­plan­ning vir hul nu­we huis het be­gin “met groot – soms on­re­a­lis­tie­se – dro­me”, ver­tel Ru­di. “Maar hoe na­der die tyd ge­kom het om dié dro­me werk­lik­heid te maak, hoe meer re­a­lis­ties het ons plan­ne­tjies op pa­pier ge­word. Dit het na­tuur­lik ook be­ter by ons be­gro­ting ge­pas!”

Hy het die plan­ne self ge­te­ken en net deur ’n ar­gi­tek laat in­dien vir bou-goed­keu­ring. En hoe­wel hy geen er­va­ring van die bou­be­dryf het nie, is hy goed met na­vor­sing, baie han­dig en glo hy in selfdoen.

“So ont­dek jy jou eie kre­a­ti­wi­teit,” ver­dui­de­lik hy. “Maak en bou maar eer­der self, dan kan jy boon­op ‘spoeg en plak’ soos jy aan­gaan.”

Ka­ren ver­tel dat self­bou al­tyd op hul a­gen­da was, selfs nog voor hul­le ge­troud is. “Ons het nooit iets an­ders oor­weeg nie. Dit is be­slis meer be­kos­tig­baar en jy het meer vry­heid om ver­an­de­rin­ge te maak. Jy sien ook die gro­ter prent­jie van die huis se ont­werp, want dit be­gin in jou eie kop.” >>

Mat van O­rien­tal Car­pet Gal­le­ry

Mat van Tir­mah In­te­ri­ors

Kus­sings deur An­za Cur­tains

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.