Groen plan­ne

Tuis - - HOUT EN KLIP -

Ru­di het ek­stra han­de op Bot­ri­vier ge­huur en be­gin deur eers pen­ne in die grond in te slaan. Hy het ’n band daar­om ge­span en te­rug­ge­staan om te sien hoe dit gaan lyk. Toe hul­le ná ’n paar aan­pas­sings te­vre­de was met die af­me­tings, het die grond­ver­skui­wing be­gin en is fon­da­sies ge­gra­we en ge­giet. Daar­na is die eer­ste bal­ke ge­plant om struk­tuur aan die huis te gee. Na­dat die mu­re ge­bou is, het Ru­di en sy span die wit se­ment­vloe­re vir die on­der­ste vlak ge­gooi.

Die kin­ders se ka­mer­mu­re op die boon­ste vlak is van den­ne­hout­bal­ke, wat be­ter i­so­la­sie ver­skaf. Dit lyk boon­op na­tuur­lik, pas per­fek by die om­ge­wing en ver­skaf ek­stra tek­s­tuur. Ru­di be­han­del die den­ne­hout met boor­sout teen ke­wers en ver­rot­ting, wat ’n groe­ner me­to­de is as die che­mi­ka­lieë wat tra­di­si­o­neel ge­bruik word.

So het die droom­huis stuk vir stuk teen die skuins­te ver­rys, en ’n paar maan­de la­ter kon hul­le in­trek.

Is daar iets wat hul­le an­ders sou aan­pak, nou­dat hul­le al vier jaar hier woon? “Ja, die vloer van die boon­ste ver­die­ping is van hout, wat kraak as jy daar­op loop,” sê Ka­ren. “Ons moes mis­kien lie­wer be­ton ge­bruik het. En om­dat die he­le on­der­ste vlak een oop ruim­te is, is daar geen plek waar die kin­ders op hul eie kan speel en kui­er nie. Wan­neer hul­le ou­er word, gaan dit se­ker ’n pro­bleem wees.”

Die bal­ke wat die struk­tuur van die huis vorm, is ’n kom­bi­na­sie van Aus­tra­lie­se swart­hout, bloe­kom en den­ne­hout.

Ru­di sê hul­le het oor die ja­re al baie in­drin­gers op die plaas uit­ge­kap so­dat die na­tuur­li­ke veld en fyn­bos kon her­stel. Die swart­hout, ’n in­drin­ger wat ver­al ri­vier­lo­pe en fyn­bos oor­neem, kom nie van die plaas self nie, maar die bloe­koms is op hul grond uit­ge­kap.

Ook die klip wat vir die mu­re ge­bruik is, kom van die plaas; hul­le wou nie bou­ma­te­ri­aal van el­ders aan­ry en daar­mee ’n reu­se-kool­stof­spoor laat nie.

Ru­di en Ka­ren leef so vrien­de­lik moont­lik teen­oor die na­tuur. Hul­le her­win, en ge­bruik hout en gas pleks van e­lek­tri­si­teit. “Ons was ons was­goed met re­ën­wa­ter en ons huis front noord met groot glas­ven­sters om in die win­ter baie son in te laat. So­doen­de maak ons min­der ge­bruik van ver­war­mers om hit­te te ver­skaf.

“Ons het ook die kag­gel met o­pe­nin­ge aan weers­kan­te ge­bou en groot vlek­vry­e­staal-skoor­steen­py­pe ge­kies vir be­ter ver­sprei­ding van hit­te. Op dié ma­nier word die kamers op die boon­ste ver­die­ping ook ver­hit deur die kag­gel op die on­der­ste vloer,” ver­dui­de­lik Ka­ren.

Ru­di sê die hort­jies bo die glas­rui­te is teen 33 gra­de ge­ïn­stal­leer so­dat die son in die win­ter daar­deur skyn, maar in die so­mer ge­blok­keer word. Boon­op hang die dak ver ge­noeg oor dat die son nie in die so­mer­maan­de die huis warm bak nie. Hul­le het ook blad­wis­se­len­de bo­me aan die wes­te­kant van die huis ge­plant wat in die so­mer die son af­keer, maar in die win­ter deur­laat. >>

Ons het ge­droom van ’n huis met baie lig en oop­tes. Ons bly im­mers hier in die na­tuur en ons wou dit deel van die huis maak. – Ka­ren

Die hoof­slaap­ka­mer en sy bad­ka­mer het ’n oop­plan­ont­werp en bied on­be­lem­mer­de uit­sig­te oor die fyn­bos rond­om en die val­lei on­der die huis. Soos in die res van die huis is die verf­kleu­re hier aards en in pas met die na­tuur.

VERSKAFFERS An­za Cur­tains 083 850 8957 Coir­tex 021 762 2227, coir­tex.co.za Her­tex 0860 437 839, her­tex.co.za Hoi P’loy 021 447 1433, hoi­ploy.com Mi­das 086 036 7463, mi­das.co.za O­rien­tal Car­pet Gal­le­ry 021 851 0845, o­rien­tal­car­pet­gal­le­ry.co.za O­ri­gi­nal S­to­ne Pro­jects 021 510 6392, o­ri­gi­nals­to­ne.co.za Tir­mah In­te­ri­ors 021 418 4841, tir­ma­hin­te­ri­ors.com

Dié bui­te­hoe­kie voor die gas­te­ka­mer is i­de­aal vir kof­fieen be­skuit vroeg­og­gend.

In die kom­buis is ge­rief­li­ke hang­plek vir die huis­men­se se jas­se, tas­se, hoe­de en baad­jies aan­ge­bring.

Dark Si­de van Mi­das Eart­hco­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.