Kap­per­tjies

Tro­pa­e­o­lum ma­jus

Tuis - - EETBARE BLOMME -

Wie ken nou nie kap­per­tjies met hul vro­li­ke o­ran­je en geel blom­me­tjies wat ’n oor­vloed kleur ver­skaf nie? Plant ’n paar in jou groen­te­tuin of ’n mas­sa by­me­kaar on­der bo­me vir baie tref­krag. Kweek dit so: Druk saad­jies in die herfs of die len­te in klam, kom­pos­ry­ke grond. Die saad­jies is so groot soos ’n ert­jie, wat dit mak­lik maak om een-een te saai. Kap­per­tjies aard goed in vol­son, so­wel as on­der bo­me in ge­fil­treer­de son­lig. Hul­le hou van klam grond en groei goed in nat­ter de­le van die tuin. En as dié ou­tjies eers een­maal in ’n bed­ding ge­groei het, kom hul­le el­ke jaar weer daar op. Ver­sa­mel aan die ein­de van die sei­soen die saad­jies wat op die grond bly lê, laat dit goed droog word en saai vol­gen­de sei­soen weer. Daar is dwerg­va­ri­ë­tei­te wat meer bos­se­rig groei, so­wel as rank­va­ri­ë­tei­te be­skik­baar. Kyk op die saad­pak­kie wat­ter een jy koop.

As plant­lui­se ’n pro­bleem is, spuit met seep­wa­ter of vee dit af met ’n klam doek. Kool­rus­pes kan ook ’n kop­seer wees. Vang hul­le of breek die bla­re af waar­op die wurms ei­ers ge­lê het. As die plant te veel ge­vreet is, trek dit lie­wer uit. Kom­buis­ge­bruik: Kap­per­tjies is prag­tig as gar­ne­ring in e­ni­ge ge­reg. Ge­bruik die hel­der­kleu­ri­ge blom­me­tjies en bla­re heel in ’n slaai of op ’n toe­brood­jie. Dis ook lek­ker saam met die mees­te ka­se, en die blom­me maak ’n heer­li­ke pes­to. Die saad­jies is per­fek vir pie­kel. An­der nut: Kap­per­tjies is won­der­lik vir die im­muun­stel­sel. Kou el­ke dag ’n blaar om jou ge­sond te hou! Die blom­me lok skoen­lap­pers en be­stui­wers. Pas­maats: Boon­tjies, die kool­fa­mi­lie, mie­lies, kom­kom­mers en ta­ma­ties.

Plant­gids

Vol­son en half­ska­du­wee Re­de­lik ryp­be­stand Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Een­ja­rig Hoog­te 30–40cm

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.