Dui­wel-in-die-bos

Ni­gel­la da­mas­ce­ne en N. sa­ti­va

Tuis - - EETBARE BLOMME -

As jy eers ’n Ni­gel­la in jou tuin het, sal jy el­ke jaar met meer plant­jies o­ral­oor in jou tuin be­loon word! Dit blom in blou, pienk en wit. Kweek dit so: Saai saad in die herfs en len­te in kom­pos­ry­ke grond wat goed los­ge­maak is. Werk droë per­de­mis in as jy dit kan kry. Dié plan­te is re­de­lik ge­hard en vra nie baie wa­ter nie, ver­al as die grond goed voor­be­rei is. Hou saai­lin­ge nat tot­dat hul­le goed ge­ves­tig is en dun dié wat te dig op­me­kaar groei uit. Sny droë saad­kop­pe aan die ein­de van die sei­soen af en skud die saad­jies in ’n pa­pier­sak uit. Die saad­kop­pe lyk baie mooi in ’n rang­skik­king. Plant blou Ni­gel­la saam met rooi pa­pa­wers vir ’n wei­veld-voor­koms. Kom­buis­ge­bruik: Die blom­me lyk prag­tig as gar­ne­ring. Breek die blom­blaar­tjies af en ge­bruik dit in slaai en vrug­te­slaai. N. sa­ti­va se saad is heer­lik in ker­ries en kom­ple­men­teer die geu­re van ko­myn en fe­ne­griek. Pas­maats: Pa­pa­wers, ert­jies, ra­dy­se en blaar­slaai.

Plant­gids

Vol­son Ryp­be­stand Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Een­ja­rig Hoog­te 30–50cm

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.