Wenke

Tuis - - EETBARE BLOMME -

• Die blom­me van kom­buis­kruie soos la­ven­tel, kom­kom­mer­kruid, ka­mil­le, tie­mie, sa­lie en gras­uie het ’n soort­ge­ly­ke geur as die bla­re en kan ge­ëet of as gar­ne­ring ge­bruik word. • Eet­ba­re blom­me in slaai lyk prag­tig, ver­al as die blom­me se kleu­re by dié van die slaai pas. Geel en o­ran­je kap­per­tjies of die blom­blaar­tjies van gous­blom­me vro­lik ’n groen slaai lief­lik op! • Maak al­tyd se­ker die blom is eet­baar voor­dat jy jou mond daar­aan sit. • Oes blom­me vroeg­og­gend voor dit in die hit­te ver­welk. Die blom­me moet ver­kies­lik droog wees wan­neer jy dit pluk. • Moet nooit blom­me op ’n bord of in ’n slaai sit in­dien dit met gif­stow­we be­spuit is nie. Die vei­lig­ste is om jou eie or­ga­nie­se eet­ba­re blom­me te kweek. • In­dien jy nog nooit ’n blom in kos te­ë­ge­kom het nie, vat eers net ’n klein hap­pie om se­ker te maak jy is nie al­ler­gies daar­voor nie. • Met gro­ter blom­me soos dag­le­lies en ro­se moet jy eers die helm­knop en stam­per ver­wy­der, aan­ge­sien dit bit­ter kan wees. • Hoe soe­ter die geur van ’n eet­ba­re blom, hoe lek­ker­der proe dit. Dit geld ver­al vir ro­se. Kies dus jou geu­rig­ste ro­se vir jou bord! • Groen­te­blom­me soos dié van boon­tjies, pam­poen, ert­jies en murg­pam­poen­tjies is ook eet­baar. Ont­hou net, as jy die blom pluk, pluk jy ’n po­ten­si­ë­le pam­poen of wat­ter groen­te jy ook al sou oes. Pluk dus net hier en daar ’n groen­te­blom, of as jy te veel het. • As jy nie da­de­lik al die blom­me wat jy ge­pluk het, ge­bruik nie, bê­re dit in ’n lug­dig­te sak­kie in die ys­kas. Dit sal ’n paar dae hou. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.