Ko­ring­blom

Tuis - - TUIN -

Plant­gids

Vol­son tot half­ska­du­wee Ryp­be­stand Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Groei 50 cm tot 1 m hoog Blom in die len­te en so­mer

(Cen­tau­rea cy­a­nus)

Saai dié een­ja­ri­ge in die len­te of herfs vir ’n diep­blou kleur in ’n bed­ding. Dit groei mak­lik en hou van kom­pos­ry­ke grond. Ko­ring­blom­me lyk nie net lief­lik in tuin­bed­dings nie, dis ’n uit­ste­ken­de sny­blom wat ook in wit, pienk en pers te kry is. Die saad wat jy by ’n kwe­ke­ry koop, is ge­woon­lik ’n meng­sel van dié kleu­re. Dun saai­lin­ge uit wat te na aan me­kaar op­kom; hul­le moet so­wat 20–30 cm uit­me­kaar groei.

Sny ge­reeld dooie blom­me af so­dat die plant vir lank aan­hou blom. Sny aan die ein­de van die sei­soen van die droë blom­kop­pe af en be­waar die saad in ’n pa­pier­sak­kie. Of los die blom­me om saad te skiet; dit sal vol­gen­de sei­soen weer o­ral­oor op­kom. Trek die plan­te wat klaar ge­blom het en nie meer mooi lyk nie teen die mid­del van die so­mer uit.

Ko­ring­blom­me is eet­baar en lyk prag­tig as gar­ne­ring by e­ni­ge ge­reg. Ge­bruik dit saam met kap­per­tjies in ’n slaai – die diep­blou kleur kon­tras­teer prag­tig met die kap­per­tjies se oran­je en geel. Of breek die blom se blaar­tjies ver­sig­tig af en ver­sier ’n kol­wyn­tjie daar­mee!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.